Old Boys stuit DTS-mans se opmars
In die vroueliga gee Saints steeds die pas aan.
Die goeie begin wat DTS se manspan met oorwinnings op die eerste twee naweke van Bank Windhoek en die Namibiese Hokkie-unie se veldhokkie premierliga gemaak het, is gestuit toe hy Sondag tweede viool moes speel.
Windhoek Old Boys se manspan het die kragmeting by die WHS Davin-astrobaan met 4-0 oorheers nadat hulle rustyd met een doel voor was.
Hierdie keer moes DTS klaarkom sonder twee van sy spelers wat op die eerste twee naweke tydens die universiteitsvakansie in Suid-Afrika tot sy beskikking was, naamlik Wayne Jeffery en Edwin Reed. Hulle kon ook nie bybly teen die akkuraatheid van Old Boys se doelskieters nie, met die jong Dylan Finch wat twee keer die kol getref het.
• Aan die vrouekant is daar nog nie keer aan Saints nie, wat vir die derde naweek op 'n streep aan die wenkant gebly het.
Saints het in sy vorige twee wedstryde bonuspuntoorwinnings teen DTS (6-0) en NUST (14-0) opgestapel, voordat hulle laas naweek met 4-0 teen Unam aan die wenkant was.
Die naweek se uitslae was soos volg:
MANS PREMIERLIGA
• Saints klop Unam met 4-1 (rustyd 1-0). Saints se doele kom van Liam Hermanus, Francois Fuscher en Nico Neethling (2). Vir Unam het Isascar Tjikuniva die doelhok getref.
• BDO Wanderers klop NUST met 6-1 (rustyd 1-0). Wanderers se doele kom van Stefan de Beer (2), Gerald Hatton, Hendrik van der Walt, Ruben van der Walt en Owen Hatton. NUST se doelskieter is Natangwe Shongolo.
• Windhoek Old Boys klop DTS met 4-0 (rustyd 1-0). Doele deur Dylan Finch (2), Dylan Alexander en Thomas Duncan.
VROUE PREMIERLIGA
• Saints klop Unam met 4-0 (rustyd 3-0). Doele deur Kiana Cormack, Kayla Schimming (2) en Tara Myburgh.
• BDO Wanderers klop NUST met 1-0 (rustyd 0-0). Doel deur Bianca Muller.
• DTS onttrek teen Windhoek Old Boys.
JUNIORS BLINK IN PSI-SKOUSPEL
Namibië se juniors (onder 11 en o.12) het onlangs weer hul vernuf by die PSI nasionale binnenshuise toernooi in Kaapstad uitgestal deur drie goue en drie bronsmedaljes in te palm.
In die kompetisie tussen meer as twintig provinsies se PSI-franchises het die Namibiese o.11 en o.12 Hawks meisiespanne goue medaljes in die A-afdeling ingepalm, terwyl die o.11-seuns die goud in die B-afdeling behaal het.
Die bronsmedaljes is deur die o.11 en o.12 Hawks seuns in A-afdeling, asook deur die o.12 Eagles seuns in die B-afdeling verseker.
Die derde Namibiese franchise van die kus (Coastal Cranes) het ook vir die eerste keer in die buurland gaan meeding. Hul o.11-meisies was sesde in die B-afdeling en die seuns agtste in die B-afdeling.
Die Namibiërs het ook verskeie individuele toekennings ingepalm, met Kerrin Gillies wat as die beste o.11-meisiespeler in die A-afdeling aangewys is en haar suster Jaime Gillies wat op dieselfde manier in die o.12 A-afdeling vereer is.
Hilton Lima was die speler van die toernooi in die o.11 seuns A-afdeling. Die Eagles het ook die toekenning vir die beste spangees in die o.11-meisies A-afdeling ingepalm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie