Old Boys, Wanderers toon geen genade

Afranselings was United en die kusspan se voorland op naweek nommer een.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die wegholoorwinnings waarmee WHS Old Boys en Samsung FNB Wanderers op die openingsnaweek in beide formate van Krieket Namibië se 2020-2021-premierliga weggespring het, sal hopelik die twee verloorspanne motiveer om hul sokkies op te trek.

Op grond van laas naweek se uitslae lê heelwat werk vir die kusspan MR24/7 Welwitschias asook Trustco United voor om ’n meer kompeterende liga te help verseker.

Wanderers se sege Saterdag met agt paaltjies teen die besoekende Welwitschias was ’n gepaste geskenk vir Bernard Scholtz in sy 100ste wedstryd vir die klub.

Die Welwitschias sal haastig wil vergeet hoe hulle in Saterdag se 50-beurtwedstryd vir net 56 lopies uitgeboul is. Bernard Scholtz (5 paaltjies vir 9 lopies in 6 boulbeurte) en Karl Birkenstock (5/9 in 4.3 bb) het die kolflys in 20.3 bb uitgewis. Die enigste dubbelsyfers was die 15 ekstras en 13 deur die aanvangskolwer Jaco le Roux.

Wanderers het binne die eerste twee boulbeurte vir Niko Davin (0) en nommer drie JP Kotzé (3) verloor, te danke aan die kusspan se kaptein Michael van Lingen (1/6 in 3 bb) en die draaier Ettienne Beukes (1/14 in 6).

Wanderers se aanwins van United, Danie van Schoor (23*, 40 balle, 4x4) en JJ Smit (27* van 40 balle, 4x4) bereik binne 14.4 bb die skamele wenteiken (59/2).

• By die Vegkopstadion het WHS Old Boys in ’n ewe kort periode vir Trustco United met nege paaltjies verniel. United is in 27.4 bb vir 60 lopies uitgeboul, met hul hoogste telling deur die 14-jarige JW Visagie (17 van 45 balle).

Vir Old Boys het Craig Williams 3 paaltjies vir 4 lopies in 5 bb platgetrek, terwyl Zhivago Groenewald met 3/12 in 6.4 bydra. Ruben Trumpelman (1/9 in 5), Dirkie Theunissen (1/5 in 3), Mauritius Ngupita (1/14 in 5) en Gerhard Erasmus (1/11 in 3) rond die boulvertoning af.

Die gasheer se oorwinning is deur Erasmus met 38 nie uit nie van 37 aflewerings en Wimpie Viljoen (15* van 19 balle) verseker.

Shaun Fouché (1/36 in 5) het darem die gevaarlike Zane Green vir ’n nulletjie uitgeboul.

T20-LIGA

Wanderers was effens langer besig toe hy Sondag met 45 lopies op sy tuisveld teen die Welwitschias gewen het. Die gasheerspan plaas 154/6 op die telbord, terwyl die besoekers se jaagtog op 110 almal uit eindig.

Die Hingste se topkolwers is Karl Birkenstock (38 van 23 b, 3x4, 1x6) en Michau du Preez (36* van 44 ball, 2x6). Ander dubbelsyfers was van JP Kotzé (18 van 13, 2x4, 1x6), JJ Smit (16 van 13, 1x4, 1x6) en Danie van Schoor (16* van 12, 1x6).

Michael van Lingen (2/31 in 3 bb), Renier Bosman (2/22 in 4), Scott Winborn (1/31 in 4) en GP Greeff (1/26 in 2) neem paaltjies vir die kusspan.

• In Sondag se T20-stryd by Vegkop het Old Boys eerste gekolf vir ’n allemintige 210/6 en verseker ’n oorwinning van 180 lopies teen United wat vir 30 lopies in 11.3 boulbeurte uitgeboul word.

Aanvangskolwer Zane Green stuur sewe aflewerings verby die grenstou en rond sy 58 (47 balle) met een ses af. Erasmus op nommer drie was nóg meer verwoestend met sewe viere en drie sesse (61 van 36 b), terwyl Craig Williams ’n treftempo van 226 persent handhaaf in sy 43 (19 balle, 4x4, 3x6).

Stefan Bezuidenhout (2/45 in 4), Shaun Fouché (2/58 in 4), Lo-han Louwrens (1/27 in 4) en C. Delport (1/43 in 4) trek paaltjies vir United plat.

United het geen antwoord op Mauritius Ngupita se draaiballe gehad nie. Hy laat val sewe paaltjie vir net 7 lopies in 3.3 boulbeurte, met Craig Williams (1/2 in 2) wat ook help opruim.

Komende naweek se bepalings: Saterdag (50-beurte): Welwitschias tn United (op Walvisbaai); CCD Tigers tn WHS Old Boys (CCD-veld).

Sondag (T20-liga): Welwitschias tn Trustco United (Walvisbaai); CCD Tigers tn WHS Old Boys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!