Old Mutual ondersteun stryd teen Covid-19
Old Mutual het die finale been van sy beloofde N$5 miljoen aan die Nasionale Rampfonds oorhandig en wel N$1,3 miljoen vir die betaling van toelaes vir tydelike gesondheidslui wat deur die regering aangestel is in die stryd teen Covid-19-pandemie ingespan is.
Deel van die beloofde N$5 miljoen was N$1 miljoen wat gebruik is vir die verskafffing van kos aan weerlose mense in die land. Met 'n bykomende N$1,5 miljoen is kos aan 3 017 weerlose mense in al 14 streke van die land verskaf.
N$2,7 miljoen is gebruik om kapasiteit vir toetsing van Covid-19 te verhoog, terwyl N$1,7 miljoen vir toerusting vir toetsing aan te koop. Die masjiene en toetsstelle is teen N$1,7 miljoen aangekoop en in April aan die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) oorhandig. N$1 miljoen is gebruik om kapasiteit te verhoog vir die opspoor van mense wat aan Covid-19-positiewe mense blootgestel is. Vir laasgenoemde is 35 Dell-skootrekenaars en 37 Samsung-tablette aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in Junie vanjaar oorhandig.
FOTO: MNr. I-Ben Nashandi, uitvoerende direkteur in die eerste minister se kantoor saam met mnr. Ndangi Katoma (regs), bestuurder van bemarking, kommunikasie en kliëntestrategie by Old Mutual.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie