Old Mutual wil twee entiteite in Londen én Johannesburg noteer
Niel Joubert - Old Mutual sal verkies om twee van sy vier afdelings wat hy van mekaar skei, op die Londense sowel as die Johannesburgse aandelebeurs te noteer.
Bruce Hemphill, uitvoerende hoof van Old Mutual, het Dinsdag gesê die maatskappy vorder goed met sy nuwe strategie sedert dit op 11 Maart bekend gemaak is.
Die strategie behels die ontbondeling van die maatskappy se vier afdelings – Old Mutual Emerging Markets, Old Mutual Wealth, Old Mutual Asset Management en Nedbank – wat as vier afsonderlike maatskappye gaan voortbestaan.
“Verhoogde markwisselvalligheid ná die (Britse) referendum om die Europese Unie te verlaat, raak nie ons strategie nie, hoewel dit die prestasie van die onderliggende afdelings mag raak,” sê Hemphill.
Hy sê die maatskappy is “vol vertroue” dat die ontbondeling “sal lei tot die skep van waarde vir aandeelhouers en sterk ondernemings vir ons kliënte, werknemers en ander belanghebbendes”.
Die proses sal na verwagting teen die einde van 2018 voltooi wees.
Sedert die aankondiging van die ontbondeling het Old Mutual sy senior bestuurspan versterk deur spesialiste aan te stel om die beplanning en uitvoering van die ontbondeling te bestuur.
Hemphill het dit duidelik gestel dat daar verskillende maniere is om die “bestuurde skeiding” te voltooi, maar in ag genome die komplekse aard daarvan, kan dit verander.
Die maatskappy “gaan een of meer transaksies nastreef in die konteks van die bestuurde skeiding” wat uiteindelik gaan lei tot twee aparte entiteite wat op die Londense sowel as die Johannesburgse aandelebeurs genoteer sal wees. Een sal hoofsaaklik bestaan uit die groep se welvaartsbedrywighede. Die ander sal hoofsaaklik bestaan uit die afdeling vir ontluikende markte deur middel van die skepping van ’n nuwe Suid-Afrikaanse beheermaatskappy.
Ná die stigting van die nuwe Suid-Afrikaanse beheermaatskappy is die plan om ’n “beduidende deel” van die groep se aandeelhouding in Nedbank te verdeel aan aandeelhouers op die register van die nuwe beheermaatskappy op daardie tydstip. Die nuwe maatskappy sal ’n “gepaste strategiese minderheidsbelang” in Nedbank behou.
Intussen sal die maatskappy voortgaan met die “gefaseerde vermindering” van sy belang van 65,8% in Old Mutual Asset Management.
Nuwe voorsitter
Trevor Manuel, wat sedert die begin van Januarie ’n nie-uitvoerende direkteur van Old Mutual Group Holdings is – die bestaande Suid-Afrikaanse moedermaatskappy van Old Mutual Emerging Markets en wat 54% van Nedbank besit – sal op 1 Julie die leisels as voorsitter oorneem.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie