Olie in Windhoek se rioolstelsel gestort
Olie in Windhoek se rioolstelsel gestort

Olie in Windhoek se rioolstelsel gestort

Elvira Hattingh
‘n Storting van tussen 4 000 en 6 000 liter swaar brandstofolie in Windhoek se rioolstelsel, het sedert gister alle watersuiweringwerk by die Gammams-aanleg tot stilstand gebring.

Die Olthaver & List-groep (O&L) se woordvoerder, me. Roux-ché Locke het aan Republikein bevestig dat die oliestorting gisteroggend by Namibia Diaries se Avis-aanleg voorgekom het weens ‘n tegniese probleem met die pypstelsel.“Daar is onmiddelik opgetree so gou as wat ons van die ramp bewus geraak het. Ons het saam met alle belangegroepe gewerk, insluitende die Windhoek munisipaliteit, om seker te maak die situasie vererger nie.”

Sy het gesê tans ondersoek belangegroepe nog die omvang van die situasie.

“Namibia Diaries neem volle verantwoordelikheid om seker te maak enige en alle omgewingsbesoedelik word op ‘n verantwoordelike wyse hanteer,” het sy bygevoeg.

Die water wat met olie besmet is, kan nie by die Gammams gesuiwer word nie, omdat dit skadelik vir die aanleg sal wees.

Windhoek se huishoudelike rioolwater gaan na die Gammams-aanleg vir gedeeltelike suiwering, waarna dit ook na die meer moderne Goreangab-aanleg vir verdere behandeling gestuur word. Rioolwater gaan ook na die ouer Goreangab-aanleg, maar water vanaf dié aanleg word hoofsaaklik as gryswater gebruik. Die munisipaliteit se Ujams-aanleg ontvang rioolwater van die stad se nywerhede af, wat metale bevat en gevolglik te toksies is om by Gammams te suiwer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!