Olie-invoer: China loop rekord net-net mis
William Horne – China, die wêreld se grootste invoerder van olie, het in April net-net die wêreldrekord vir die meeste ingevoerde olie in ’n enkele maand misgeloop.
In April het China 10,68 miljoen vate ruolie per dag ingevoer, volgens syfers wat Woensdag uitgereik is.
Dis slegs 0,8% minder as die rekord van 10,77 miljoen vate per dag wat die VSA in 2005 gestel het.
Maar, soos China self erken, dis nie juis ’n “eer” om die meeste olie in te voer nie.
Dit dui wel aan dat ’n ekonomie roer as hy so ’n behoefte aan energie het, maar die enorme invoerrekening wat dan aan olie-uitvoerders geskuld word, knou onder meer die staat se koffers.
China is wel goed op dreef met sy voorbereiding vir ’n brandstofvrye toekoms, teen minste wat persoonlike vervoer betref. En sy mense is meer opgewonde vir die oorgang as die deurslag-Amerikaner.
“In China, maar ook in ander Asiatiese lande, sien ons meer opwinding oor ‘die nuwe’ in die algemeen,” sê Markus Winkler, wêreldwye hoof van motorvoertuie by die Capgemini-navorsingsinstituut. “En die versnelling oor die afgelope paar jaar kom ook vanaf die regering.”
Die VSA het lank probeer om sy afhanklikheid van ingevoerde olie met hoër standaarde vir brandstofdoeltreffendheid en die ontwikkeling van biobrandstof te verlaag, maar die groot deurbraak het gekom toe skalieolie-ontginning die hoogte ingeskiet het.
China se strategie is beleggings in hoëspoedtreine en elektriese voertuie om sy afhanklikheid van olie-invoer te begin hokslaan.
Veral met betrekking tot selfbesturende elektriese motors is China baie ambisieus. Die land wil reeds teen 2020 dié soort voertuie uit hul toetsfases uit en op straat kry.
Meer as die helfte van Chinese verbruikers het in ’n onlangse peiling aangedui dat hulle gereed en opgewonde is om elektriese selfbesturende motors te gebruik, terwyl slegs ’n derde van Amerikaners en Britte dieselfde voel.
Die peiling deur Capgemini het meer as 5?000 respondente gehad, met China die gretigste vir die nuwe tegnologie, en die VSA heel laaste.
– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie