Olie se goeie bui sleg vir petrolprys
Elvira Wood en Reuters – Die olieprys wat aanhou klim, is slegte nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste.
Ruolie het Vrydag laat vir die eerste keer sedert 8 November 2018 wéér deur die vlak van $70 per vat gebreek.
Dit het vroeg Maandagoggend teen $70,63 verhandel.
Die nuus is voorwaar sleg vir Suid-Afrikaanse motoriste wat juis in April tussen R1,23 en R1,34 per liter meer vir brandstof betaal.
Die departement van energie het toe gesê een van die groot redes waarom die petrolprys so baie gestyg het, was omdat die gemiddelde prys van olie in Maart teen $66,01 per vat verhandel het teenoor die $64,04 in Februarie.
Die rand het ook in dié tyd verswak.
Hoewel die rand in April teen ongeveer R14,14 beter teenoor die dollar verhandel as Maart se R14,36, kan die styging in die olieprys dié verbetering teenwerk.
Reuters berig die groot rede waarom die olieprys aanhou styg, is omdat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) steeds aanhou om die hoeveelheid olie wat geproduseer word te verminder.
“Die prys van ruolie het in die jaar tot nou met meer as 30% gestyg met dié dat Opul die afgelope vier maande elke maand produksie snoei, terwyl optimisme dat gesprekke oor ’n moontlike handelsooreenkoms tussen Amerika en China suksesvol gaan wees, weer aanvraag steun,” sê die Amerikaanse bank JP Morgan in ’n nota.
Opul het saam met sekere nie-lede soos Rusland ooreengekom om vanjaar 1,2 miljoen vate ruolie per dag te lewer juis om die prys van ruolie te steun.
FGE, ’n energiekonsultant, voorspel olie sal binnekort teen $75 per vat of selfs hoër verhandel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie