Olieprys kan vanjaar tot $72 styg
Francois Williams - Die meeste internasionale ontleders het stewiger oliepryse vir 2019 voorspel, maar die eerste paar verhandelingsdae vanjaar is 'n demper op hul optimisme.
Termynkontrakte vir Brent-ruolie vir lewering in Maart was Woensdag 1,54% laer op $52,97 per vat, en Amerikaanse olietermynkontrakte vir lewering in Februarie was 1,67% laer op $44,65 per vat, wys data van Bloomberg.
Dit is goeie nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste, wat Woensdagoggend reeds 'n veel laer petrolprys geniet nadat die verlaging van R1,23 per liter vir 95-oktaan petrol net ná middernag ingeskop het.
Petrol in Gauteng kos nou 41c per liter minder as wat dit presies 'n jaar gelede gekos het, en aan die kus kos dit 51c per liter minder as 'n jaar gelede.
Die meeste groot internasionale beleggingsbanke voorspel wel 'n herstel in oliepryse vir 2019, volgens Tom Kool, redakteur van die nuusbrief Oilprice.com.
Bank of America Merrill Lynch voorspel 'n gemiddelde olieprys vir West Texas Intermediate - die Amerikaanse olieprysmaatstaf - van $59 per vat vir vanjaar. Die bankgroep Citi is minder optimisties en verwag $49 per vat.
Barclays verwag 'n gemiddelde van soveel as $72 per vat vir Brent-ruolie - die oorwegend internasionale maatstaf wat gegrond word op die verhandeling in Londen van olie uit die Brent-olieveld in die Noordsee. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie