Oliesoektog skop opnuut af
Namibië is lank reeds op soek na olie en gas en hoop steeds om die wêreld se behoefte aan fossielbrandstof te bevredig.
Catherine Sasman - Reconnaissance Oil and Gas, ’n Brittanje- en Kanada-gebaseerde maatskappy, doen tans aansoek om ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) om vir olie en gas op grond in staatsbesit in die Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek se kommunale gebiede te boor.
Geskrewe insette oor die aansoek moet voor 30 Mei by Risk-Based Solutions, die projek se omgewingskonsultante, ingedien word.
Die finale omgewingsimpakevaluering en omgewingsbestuurplan sal op 31 Meiby die ministerie van die omgewing en toerisme ingedien word.
Sodra die klaringsertifikaat en ander permitte soos varswater- en rioolpermitte, plofstofinvoerpermitte en permitte vir radiasiebronne uitgereik is, sal boorwerk begin – na verwagting in November en Desember.
Twee van die boorgate is vir Kavango-Wes, net noord van Siyesu en die Ngcasawa-gebiede beplan.
Die een wat vir Kavango-Oos beplan word, asl in die Kawe-gebied langs die D3400-pad geboor word.
As die klaringsertifikaat toegestaan word, sal die boorgate tussen 2,5 km en 3,5 km diep op soek na olie en gas geboor word.
Risk-Based Solutions, wat die uitreiking van die ECC aanbeveel het, sê indien ’n aktiewe brandstofstelsel ontdek word, sal die sosioëkonomiese prentjie van die twee Kavango-streke en die hele Namibië “mateloos en positief herskep word tot voordeel van alle Namibiërs”.
PEL no. 73
Reconnaissance Energy Namibia, die Namibies-geregistreerde filiaal van Reconnaissance Oil and Gas, beskik oor die petroleumeksplorasielisensie (PEL) nommer 73, wat die blokke 1719, 1720, 1721, 1819, 1820 en 1821 in die Etosha-bekken dek, wat deel is van die groter Kalahari-bekken.
Die twee boorgebiede val binne die grense van die Mbunza- en Sambyu- tradisionele owerhede, en volgens Risk-Based Solutions is dié gebiede verafgeleë met klein bevolkings.
Die voorgestelde boorwerk sal gedoen word om die moontlikheid van volhoubare olie- en gasreserwes in die Etosha-bekken te ontgin.
Grondwaterbronne sal vir die boorwerk gebruik word.
Risk-Based Solutions sê die boorgebiede is toeganklik en geen groter sal in die proses afgekap word nie.
Die boorwerk sal na verwagting tussen 20 en 30 dae per gat neem, waarná die gebiede herwin sal word.
Teen 2016 het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) 43 maatskappye met aan- en aflandige petroleumeksplorasielisensies gelys.
Daarvolgens besit Reconnaissance Oil and Gas 90% van die lisensie, en Namcor die oorblywende 10%.
Ondersese soektog
Die ministerie van myne en energie en Namcor het ’n ooreenkoms met nog ’n Verenigde Koningryk-gebaseerde maatskappy, GeoPartner UK, aangegaan vir die verkryging van die wydverspreide streekskartering van die Aptian Source Kitchen (ASK) Namibië 2019 2D se aflandige seismiese opname.
Die opname dek die Walvis-bekken en die Namibe-bekken.
Die uiteindelike doel van die opname is om die hele lengte van die ASK te karteer om reservoirs te identifiseer wat koolstofreserwes kan bevat.
Die Nordic Explorer-boorskip sal hierdie opname behartig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie