Oliestorting stuit watersuiwering
Dit blyk die Windhoek-munisipaliteit kan tans geen rioolwater suiwer nie nadat olie in die rioolstelsel beland het.
Elvira Hattingh - ‘n Storting van sowat 6 000 liter swaar brandstofolie het Sondag in Windhoek se rioolstelsel beland en alle watersuiweringswerk by die Gammams-aanleg tot stilstand gebring.
Die Olthaver & List-groep (O&L) se woordvoerder, me. Roux-ché Locke, het aan Republikein gesê die oliestorting het Sondagoggend by Namibia Dairies se Avis-aanleg voorgekom weens ‘n tegniese probleem met die pypstelsel, maar dat hulle op die perseel die meeste olie kon keer.
“Daar is onmiddellik opgetree toe ons van die ramp bewus geraak het en ons het saam met alle belangegroepe gewerk, insluitende die Windhoek-munisipaliteit, om seker te maak die situasie vererger nie,” het sy verduidelik.
‘n Gesamentlike reaksiespan van Namibia Diaries en die munisipaliteit is op die been gebring om die situasie te beredder, die impak te bepaal en onder meer rehabilitasieplanne te beraam.
“Namibia Diaries neem volle verantwoordelikheid om seker te maak enige en alle omgewingsbesoedeling word op ‘n verantwoordelike wyse hanteer,” het Locke aan Republikein gesê. In ‘n persverklaring is later gesê die impak op die omgewing is tot dusver beperk tot die gebied rondom die aanleg en dat die impak stroomaf nog vasgestel moet word.
Locke het verduidelik Namibia Dairies gebruik die olie vir hul ketelstelsel by die aanleg en dat ‘n tegniese fout in die pyplynstelsel tot die storting gelei het.
“Ons het reeds elke moontlike maatreël ingestel om seker te maak so iets gebeur nie, terwyl gereelde onderhoudingswerk op die stelsel gedoen word en meganismes vir die voorkoming van stortings ook geïnstalleer is.
“Ongelukkig was die volume van die olie te veel – ongeag die maatreëls. Die maatskappy is wel tans besig om al die nodige ondersoeke te doen om vas te stel wat anders gedoen kan word in die geval van so iets – nie net by ons aanlegte nie, maar in Windhoek oor die algemeen.
AANLEG OORLAAI
Tydens ‘n besoek aan die Gammams-aanleg het die voorman, mnr. Abner Ambondo, verduidelik dat die rioolstelsel toe oorlaai was en die beskikbare wegvoerstelsels oorstroom is, met water wat deur mangate uitgeborrel het.
Pogings om die olie deur ‘n suiweringsmeganisme te laat beweeg, het gefaal. Tog is die water toe steeds binne die aanleg gehou.
Ambondo het gesê hulle is bekommerd dat die besoedelde water eindelik in rivierbeddings kan beland, maar het gesê tans word kenners van so ver as Suid-Afrika ingebring om die situasie te beredder.
Hy sê die omvang van die skade word nog vasgestel, maar hul toerusting wat met olie bedek is, is skade opsigself. Hy sê van die visse wat in die suiweringsproses gebruik word om die fosfaat en nitrate in die water af te breek, het ook begin vrek.
Ambondo het gesê dit is moeilik om te sê wanneer die aanleg weer in volle werking gaan wees. “Ons probeer tans eers om die stelsel te spoel.” Hy sê boonop sal hulle ook eers hul visbevolking moet aanvul voordat hulle die WinCog-aanleg weer van gedeeltelik gesuiwerde water sal kan voorsien.
“Tans kan die munisipaliteit geen rioolwater suiwer nie,” het hy gesê.
Windhoek maak staat op die herwinning van rioolwater om genoeg water aan inwoners te kan voorsien en tot 21 000 m³ drinkwater word daagliks op die wyse produseer.
Windhoek se huishoudelike rioolwater gaan na die Gammams-aanleg vir gedeeltelike suiwering, waarna dit ook na die meer moderne Goreangab-aanleg vir verdere behandeling gestuur word.
Rioolwater gaan ook na die ouer Goreangab-aanleg, maar water van dié aanleg word hoofsaaklik as gryswater gebruik. Dit dien onder meer om sportvelde in Windhoek nat te maak. Soms word die Goreangabdam se water ook as gryswater gebruik.
Die munisipaliteit se Ujams-aanleg ontvang rioolwater van die stad se nywerhede af, wat metale bevat en gevolglik te toksies is om by Gammams te suiwer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie