‘Olifant-avokado’s’ op Olifantsfontein
Elvira Hattingh - Namibiërs was gister verstom oor ‘n Noordeboer wat avokadopere, oftewel “avozilla’s” op sosiale media adverteer, wat net minder as 2 kg weeg en boonop lipleklekker is.
Sommige wou weet wat die avokado-boom “gevoer” word, terwyl ander ongelowig beweer het die foto’s van die vrugte moet gemanupileer wees.
Dit is egter die waarheid dat ‘n enkele avokadoboom op mnr. Gustav Schulz se plaas, Olifantsfontein, hierdie enorme vrugte dra.
“Die boom is ‘n frats. Dit is een van sewe avokadobome op my plaas wat almal uit die pitte van een moederplant gekweek is, maar dit is die enigste een om sulke enorme avokado’s te lewer,” het Schulz gister aan Republikein gesê.
Schulz se plaas is tussen Tsumeb en Grootfontein geleë, “’n groenteparadys”, waar hy groente ekslusief op klein skaal en heeltemal organies kweek.
Hy gebruik geen gifstowwe nie.
“Die unieke avokadoboom dra jaarliks sowat 200 vrugte en mense staan tou daarvoor. Dit is amper-amper of bloedneusgevegte breek daaroor uit,” spot Schulz.
“Ek wens ek kon die hele land van dié avo’s voorsien.
“Die grootste avokado wat ons ooit van die boom afgepluk het, het net onder 2,2 kg geweeg. Dit was sowat vier jaar gelede,” het Schulz gesê.
Die unieke avokadoboom groei in diep, rooi grond langs die plaasopstal, waar dit nie sommer ryp nie.
Schulz sê die boom word in April geoes en dit is belangrik om nooit te vroeg te oes nie sodat die avokadopere “reg” ryp kan word.
Hy sê elkeen van sy sewe bome se avokado’s is uniek.
Nog ‘n boom dra ook redelike groot avokado’s, maar hulle is ronder en nie so groot nie.
Schulz sê avokado’s wat op winkelrakke verkoop word, weeg meestal tussen 200 g en 300 g.
Hy sê reuse-avokado’s is nie so ongewoon elders in die wêreld nie.
“Dit blyk sy oorsprong uit Suid-Afrika te hê en in Australië kom ook hiervan voor – hulle noem dit Avozilla’s. Hulle verkoop elders vir tot N$160 per vrug.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie