Olifante ‘gejag vir bewaring’

Respondente wou weet of kampvegters teen jag gewillig is om ’n alternatiewe stroom van inkomste te verskaf asook praktiese maniere kan bied om mens-olifant-konflik te verminder.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Tot werkbare alternatiewe vir olifantjag beskikbaar is, is daar geen rede om jagters uit Engeland en elders te keer om dié hulpbronne op ’n volhoubare manier te benut nie.

Dis juis jag wat die bewaring van Afrika se wildlewe asook landelike ontwikkeling ondersteun, meen leiers van plaaslike kommunale bewaringsgebiede.

Hulle het hul uitgespreek teen ’n wetsontwerp in Engeland, wat hoop om die invoer van trofeë na dié land te verban.

In ’n artikel getiteld “UK trophy hunting import ban not supported by rural Africans” deur plaaslike bewaringspersoonlikhede, spreek landelike Namibiërs hulle sterk uit teen die voorgenome wetgewing.

Terwyl die voorgestelde verbod op die invoer van jagtrofeë (soos horings en tande) klaarblyklik sterk ondersteuning in Engeland geniet, sal landelike mense buite dié land grense die uitwerking van sulke beleide voel.

“Die opinies van Afrikane in landelike gebiede, word min, indien ooit in hierdie besluitnemingsprosesse gehoor,” is gesê.

Die artikel het Vrydag op Mongabay verskyn, ’n aanlyn publikasie wat bewaringsnuus internasionaal versprei.

Dit is deur die navorsers me. Gail Thomson (Resource Africa); Kenneth /Uiseb (Namibië se ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme); me. Rosalia Iileka (Namibië se vereniging van CBNRM ondersteuningsorganisasies - NACSO); me. Hilma Angula (NACSO) en dr. Malan Lindeque (Resource Africa) saamgestel.

OPENBARE VERGADERINGS

Dit volg nadat die Namibiese regering verskeie professionele bewaringspersoonlikhede gevra het om ’n reeks openbare vergaderings hieroor in landelike gebiede aan te bied.

Altesaam 38 kommunale bewaringsgebiede het hieraan deelgeneem.

Tussendeur is nog onderhoude met mense oor olifante gevoer.

Respondente het gesê hulle verstaan opinies hieroor kan verskil, maar dat diegene wat daaraan dink om die opinies in wetgewing om te skakel, twee keer moet dink.

Verskeie respondente wou weet of kampvegters teen jag gewillig is om ’n alternatiewe stroom van inkomste te verskaf asook praktiese maniere kan bied om mens-olifant-konflik te verminder.

“Die respondente trek ’n direkte lyn tussen tasbare voordele wat olifantjag kan inhou (inkomste en vleis) en die gewilligheid van gemeenskappe om olifant-verwante konflik te verdra.

“Verder meen gemeenskappe hulle het die reg om wild te bestuur en te bewaar op die maniere wat hulle goeddink – ’n reg wat hulle nie gewillig vir buitelandse kampvegters sal opgee nie,” het die navorsers gesê.

“Tweedens is die bestuurstelsel, waar die regering deur die uitreiking van kwotas en waaraan gemeenskappe en jagters gehoor moet gee, ’n bewys dat wettige jag ontwerp is met die bewaring van olifante in gedagte.

“Geen van die respondente wou hê al die olifante in hul bewaringsgebiede moet doodgemaak of verwyder word nie, ongeag die skade wat hulle gely het.

“Die jag van olifante vir vleis en inkomste sluit dus aan by hul gevoel van trots in hul pogings om die bosreuse te bewaar,” het die navorsers afgesluit.

BEWAARDERS SÊ

Die navorsers beklemtoon die meeste gemeenskapslede was trots daarop om olifante binne hul bewaringsgebiede te hê, hoofsaaklik omdat hulle kan help om dit vir toekomstige geslagte te bewaar en omdat dit ’n bron van inkomste en vleis is.

Olifante rig egter beduidende skade aan gewasse, draadheinings, boorgate en waterinfrastruktuur aan, terwyl daar soms ook menselewens geëis word.

Hulle het van die respondente se reaksies, op voorwaarde van anonimiteit, met die publiek gedeel: “Olifante moet tot voordeel strek van diegene wat hulle bewaar. Ons benutting word op ’n volhoubare basis gedoen. Daar is altyd nog olifante oor, al word sommige gejag.

“Ons kan nie ophou om olifante te jag nie, want ons bewaringstrategie is daarvan afhanklik. Mense sal net saam met olifante leef en hulle bewaar as hulle ook voordeel daaruit kan trek.

“Ons ondersteun die volhoubare jag, want as hulle getalle te veel raak, sal hulle al ons gewasse verwoes. Die jag van olifante word streng beheer en is in lyn met internasionale verantwoordelikhede. Ons jag nie net om te jag nie en kwotas is beperk.”

“As ons hulle nie jag nie, styg die gevalle van konflik. As hulle nie wil hê ons moet olifante jag nie, moet hulle vir ons alternatiewe bronne van inkomste bied sodat ons kan aanhou om olifante binne ons bewaringsgebiede te beskerm.”

“Diegene wat oor jag kla, woon nie saam met olifante nie. Dis maklik, as hulle nie van jag hou nie, bied ons dan alternatiewe.”

“Hulle moet verantwoordelik gehou word vir die skade wat die olifante veroorsaak. Hulle moet kom ervaar wat ons op die grond beleef. Dis nie maklik om saam met hulle te leef, maar geen voordeel daaruit kan trek nie.”

Gemeenskapleiers is bewus van internasionale druk om jag te probeer verbied.

Hulle weier egter om hulle deur “kampvegters teen jag” voor te skryf en meen hulle het die reg om plaaslike hulpbronne self te bestuur. Boonop bring dit ontwikkeling na die gebied, insluitend elektrisiteit, koshuise, kleuterskole, waterpunte en gemeenskapskantore. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.3 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.62 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.42 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 628.60/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.61% | Zinc US$ 2 900.80/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 73.94/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 959.64/OZ DOWN -0.0106 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.3 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.62 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.42 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 628.60/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.61% | Zinc US$ 2 900.80/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 73.94/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 959.64/OZ DOWN -0.0106