Olifante het nou jou stem nodig
Olifante het nou jou stem nodig

Olifante het nou jou stem nodig

Die woestynaangepaste olifante van Namibië is een van net twee woestynolifantbevolkings wêreldwyd.
Tanja Bause
Tanja Bause – Elephant Human Relations Aid (EHRA) is die enigste Namibiese projek wat ’n kans staan om finansiering van bietjie meer as N$500 000 los te slaan. Hulle benodig egter die stem van ’n ieder en ’n elk.

Volgens Christin Winter, EHRA se bewaringprogrambestuurder, het hulle vir finansiële ondersteuning by die European Outdoor Conservation Association (EOCA) aansoek gedoen en hulle het na die finale ronde deurgedring.

“Alle projekte wat deurgedring het, is in een van drie kategorie verdeel: woude, water en wilde plekke. EHRA en die olifante val in die kategorie vir wilde plekke. Die publiek moet nou stem en die projek met die meeste stemme in elke kategorie wen die prysgeld.
“Om vir ons te stem, gaan na https://www.eocaconservation.org/project-voting-category.cfm?catid=3 en kliek op “Conserving Namibia’s endangered desert elephant population”. Ons Facebook-blad kan ook besoek word om daar te stem.”

Net een stem per toestel word in ag geneem en die spertyd is om 12:00 komende Vrydag (29 Oktober) .

“Ons moes ’n begroting indien en verduidelik wat ons met die geld sou doen. Ons beplan om vier beskermingsmure vir waterputte, vier alternatiewe olifantwaterdamme weg van die nedersettings, die uitbreiding van ons olifant-identifikasie en bewegingstudie en die opvoedkundige PEACE-projek vir die gemeenskappe met die geld finansier.

Die breër doel is om die konflik in die gebiede te verminder wat onlangs deur olifante besoek is, dus die gemeenskaplike gebiede buite bewaringsgebiede en kommersiële plase.”

Die woestynaangepaste olifante van Namibië is een van net twee woestynolifantbevolkings wêreldwyd. Hulle oorleef in die droë noordweste waar die jaarlikse reënval gemiddeld 150 mm is.

As ‘n noodsaaklike spesie help die olifante se teenwoordigheid in die woestyn om die voortbestaan van ander spesies te verseker wat staatmaak op hul voedingsgewoontes, vermoë om vir water te grawe en saadverspreiding.

Die olifantbevolking het tot minder as 150 gedaal, meestal as gevolg van mens-dier-konflik oor waterverskaffing, verlies aan habitat en toenemende droë toestande. Die groep olifante wat EHRA volg, het sedert 2015 ’n kalfsterftesyfer van 100%. Die olifante het in 2020 weens die droogte uit hul kerngebied verhuis na groener gebiede wat digbevolk is en baie olifante word onwettig geskiet.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!