u2018Olifante hoort in Afrikau2019
u2018Olifante hoort in Afrikau2019

‘Olifante hoort in Afrika’

Moenie uitvoer na dieretuine
Francoise Steynberg
Elise Tempelhof

Afrika moet sy deure vir sy oli­fante sluit. Hulle hoort hier, op hierdie vasteland, het Ethio­pië in ’n emosionele pleidooi aan die 17de Vergadering (COP17) Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) gesê.

Olifante wat uit Afrika geneem word, word “ekologiese vlugtelinge”, het ’n afgevaardigde van Ethiopië na die COP17-beraad in Johannesburg, Suid-Afrika gesê.

“Daar is geen etiese of menslike motivering om olifante na enige ander vasteland uit te voer of te mishandel nie.” ’n Afgevaardigde van Uganda het gevra dat die 183 Cites-lidlande “volwasse en modern” begin dink oor die handel in lewende olifante.

Hoewel die handel in ivoor ingevolge Cites-regulasies verbied word, mag lewende olifante en renosters uit Afrika na “goedgekeurde geriewe” uitgevoer word.

Verlede jaar is byvoorbeeld 24 olifantkalfies van die Hwange Nasio­nale Park in Zimbabwe aan ’n dieretuin in China verkoop.

“Afrika se olifante hoort in die wildernis in Afrika, nie in ’n sirkus of in ’n dieretuin nie,” het die Ugandese afgevaardigdes gesê.

Dit is vir olifante traumaties om van hul familie geskei en in aanhouding te wees. “Hulle herstel nooit van hierdie trauma nie,” het hy gesê.

Zimbabwe, Swaziland en Namibië hou vol dat hulle oor hul eie hulpbronne wil besluit. Hulle meen Cites se regulasies vir die uitvoer van lewende renosters en olifante funksioneer goed en dit is onnodig om dit aan te pas of te verander.

Die “Born Free”-stigting en die “Species Survival Network” (SSN) sê geen regverdiging bestaan vir die uitvoer van olifante uit Afrika nie. “Dit dra nie by tot die bewaring van die diere nie.”

Hulle meen die diere word bloot uitgevoer sodat in ander lande met hulle geteel kan word en hulle later gejag of hul ivoor verhandel kan word.

Die “Humane Society International” (HSI) sê olifante is hoogs intelligent en hul familiebande is baie sterk. Olifantfamilies mag in geen omstandighede ontwrig word nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!