Olifantsyfers skiet hoogte in
Die minister van die omgewing waarsku teen sogenaamde antijag-aktiviste wat skynbaar mense teen volhoubare jagbedrywe draai om geld in te samel.
Elvira Hattingh - Namibië het tans besonders baie olifante nadat die bosreuse se bevolkingsyfers na raming van 5 000 tot sowat 30 000 gegroei het sedert die land se onafhanklikwording.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gister (27 November) tydens die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) se 45ste jaarvergadering gesê na raming is daar tans sowat 20 000 olifante in die Zambezi-streek alleen, omdat al meer olifante vanaf Botswana die Chobe-rivier na Namibië oorsteek.
Hy sê bewens die uitdaging om so baie olifante te bestuur, lei dit tot verhoogde mens-dier-konflik en is daar gemeenskappe wat opofferings maak om saam met hierdie wilde diere te kan leef.
“Ons jagprogramme bevorder egter die bewaring van wild soos hierdie terwyl dit voordele bied vir plaaslike gemeenskappe wat dikwels hul gewasse en landbougrond aan die wilde diere moet afstaan.”
Hy het gesê Namibië se suksesvolle bewaringsprogram wat gebaseer is op die volhoubare verbruik van natuurlike hulpbronne, word bedreig deur aanvalle van diereregte-aktiviste.
“Plaaslike gemeenskappe betaal ‘n prys deur hierdie dikwels verwoestende wild in hul midde toe te laat,” het hy gesê. Hy het egter bygevoeg dat plaaslike gemeenskappe bereid is om wild te verdra, solank hulle ook voordeel daaruit kan trek.
ANTIJAG-AKTIVISTE
Shifeta het die opmerkings gemaak nadat Namibië se jagbedryf onlangs weer telkemale onder skerp kritiek deurgeloop het - meestal wanneer jagfoto’s op sosiale media geplaas is.
“Dit is interessant dat juis aktiviste uit lande wat geen meer wild oor het nie, vir ons wil kom leer hoe ons met ons wild moet maak,” het hy gesê.
Shifeta het gesê dat verskeie antijag-aktiviste dikwels mense opsweep teen jag, met die enigste doel om geld in te samel. “Voor hulle kan geld insamel, moet hulle iets sê en vertel, selfs al is dit halwe waarhede,” het hy gesê.
Hy het gesê jagters is hul eie grootste vyande wanneer hulle foto’s van diere wat hulle gejag het, op sosiale media plaas. “Hulle maak die jagter as ‘n moordenaar uit wat vir niks omgee nie. Hulle sien nie die waarheid en bewaring daaragter nie.
“Jagters gee op dié manier ammunisie aan diegene wat Namibië se bewaringsprogramme wil aanval. Moenie teenjag-aktiviste die kans gee om só wêreldwye steun teen ons trogeejagbedryf te kry nie.”
Shifeta het plaaslike en internasionale jagters gemaan om by Napha se riglyne vir sosialemediaplasings te hou.
Shifeta sê hy is voortdurend besig om gemeenskappe oor Namibië se jagprogramme in te lig. Hy het reeds met verteenwoordigers van onder meer die Europese Unie en Amerika gepraat en ontvang sterk steun van hierdie partye.
GEMEENSKAPPE MOET INKOOP
“Trofeejag is ‘n manier om plaaslike gemeenskappe ‘n voordeel uit wild te bied.
“Ons kan nie wild bewaar sonder dat plaaslike gemeenskappe hierby inkoop nie, en hulle sal nie daarby inkoop indien hulle nie voordeel daaruit kan trek nie,” het die minister gesê.
Shifeta sê Namibië het intussen ook reeds onder kwaai kritiek deurgeloop omdat dit jagpermitte vir die bedreigde swartrenoster uitreik.
“Ons reik jaarliks net sowat vyf permitte uit vir ou bulle wat nie langer meer kan voortplant nie en in elk geval binnekort gaan vrek.” Hy sê ‘n waardevolle inkomste word hieruit gegenereer.
Shifeta het ook tydens die geleentheid gesê sy ministerie het vanjaar verskeie belangegroepe in verband met die parke- en wildbestuurs-wetsontwerp geraadpleeg, waaronder Napha. Hy sê hy glo sodra die wet in werking gestel word, sal dit die toekoms van Namibië se natuurlike hulpbronne help beveilig.
Hy het bygevoeg dat Napha waardevolle steun teen stroping bied en het spesifiek verwys na die suksesse van die Jagters Verenig Teen Stropingsinisiatief (HUAPI) in die Zambezi-streek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie