Olifanttande: Drie vas
Olifanttande: Drie vas

Olifanttande: Drie vas

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Drie mans is onlangs op twee ver­skillende plekke met ses olifanttande vasgetrek.

Twee Angolese burgers, mnre. Abraham Mwetupunga en Velema Nghitila, is Sondag op Onandjmba glo met twee olifanttande in hegtenis geneem en 'n Namibiese man, mnr. Philips Kutenda Thikuma, glo met vier olifanttande op 6 Maart op Mukwe.

Hulle is deel van die 14 verdagtes wat volgens die wildmisdaadverslag van 6 tot 14 Maart in sewe sake in hegtenis geneem is.

By Kamanjab is vier Namibiese mans, mnre. Karel en Isascar Gaingob en Jonas en Seth Aebeb, verlede Saterdag na bewering met 'n kameelperdkarkas in hul besit vasgetrek. Beslag is op die karkas en 'n jaggeweer gelê.

Die ander wildmisdaadsake behels die stropery van ietermagôs of smokkelary van hul produkte en die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is almal Namibiese mans. Mnre. Nikodemus Kotokeni Hafeni Nicodemus en Simon Akwenye is op Sondag 7 Maart glo met 110 ietermagôskubbe en een stuk ietermagôvel vasgetrap.

Op Mukwe is mnr. Matheus Ngunda verlede Woensdag met 'n lewende ietermagô in hegtenis geneem.

Mnre. Patrick Mpande Haingura en Andreas Mushongo is verlede Donderdag op Tsumeb met twee ietermagôvelle glo in hul besit in hegtenis geneem en in Katutura is mnre. Mendley Job en Godlieb Amalenga verlede Dinsdag ook na bewering met twee ietermagôvelle vasgetrek.



HOFSAKE

Uatungisa Muteze en Gideon Tjindombo is op 1 Maart gevonnis vir hul oortreding van die onwettige jag van 'n spesiaal beskermde spesie, 'n bergsebra, op 6 Februarie in die ­Kamanjab-distrik.

Tjimdombo is tot 'n boete van N$2 500 gevonnis en Muteze moet 'n boete van N$1 000 betaal. Die smokkelaar van 'n lewende ietermagô, Selwanus Gaoseb, is op 2 Maart in die Windhoek-landdroshof in Katutura tot 'n boete van N$10 000 of twee jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het die lewende ietermagô op 25 Junie 2019 probeer smokkel.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!