Olifantveiling: 57 uit 170 verkoop
Die ministerie het ontken van die olifante word na China uitgevoer.
Ellanie Smit
Die ministerie van die omgewing en toerisme het 57 van die 170 olifante verkoop wat in Desember op tender uitgesit is.
'n Bedrag van N$5,9 miljoen is in die proses ingesamel.
Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, was drie bieërs suksesvol. Hoewel dit 'n openbare bieproses was, sê hy die kontrakte wat onderteken is, het beperkings op die vrystelling van die name van die bieërs.
Die ministerie het vroeër aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dit beplan om ten minste N$13 miljoen uit die verkoop van die 170 olifante in te samel.
Volgens Muyunda sal 15 olifante gevang en in Namibië gehou word, terwyl 42 uitgevoer sal word.
“Die vangproses begin vandeesmaand en word deur Namibiese geregistreerde wildvang-operateurs uitgevoer, met die ministerie se personeel wat sal toesig hou,” het hy gesê.
Hy het beweringe ontken dat 42 van die olifante aan China verkoop is.
Die ministerie het die tender vir die verkoop van die 170 olifante op 3 Desember verlede jaar geadverteer en dit het op 29 Januarie vanjaar gesluit.
Volgens die ministerie was dit in reaksie tot 'n toename in die olifantbevolking wat tot konflik met plaaslike gemeenskappe gelei het.
Die olifante wat deel van die tender uitmaak, sluit in 30 van die Omatjetje-gebied, 50 van die Kamanjab- kommersiële boerderygebied, 60 van die Grootfontein-Kavango-beesboerderygebied en 30 van die Grootfontein-Tsumkwe-gebied.
“Met die veiling beoog ons om die olifantgetalle in spesifieke gebiede te verminder om die konflik tussen mense en olifante te beperk wat tot voortgesette skade aan eiendom, lewensverlies en 'n ontwrigting van mense se lewensbestaan lei.”
Volgens die statistiek wat deur die ministerie tydens die 2019-'20- en die 2020-'21-finansiële jare verskaf is, was daar onderskeidelik twee gevalle waarin mense deur olifante doodgetrap is. Twee mense is ook in die 2020-'21-finansiële jaar deur olifante beseer.
Intussen is 1 589 hektaar gewasse in die 2019-'20-boekjaar beskadig en 780 hektaar gewasse in 2020-'21.
Volgens Muyunda moet nog bepaal word in watter gebied die olifante gevang sal word.
“Die ministerie sal die sosiale optrede van die olifante oorweeg en hoe ernstig die situasie in die gelyste gebiede is om oor die toekenning van die olifante te besluit.”
Die geld wat deur die verkoop van die olifante ingesamel word, sal oorgedra word in die Wildleweproduktefonds en gaan herbelê word in die bewaring van Namibië se wildlewe en omgewingsbewaringsgebiede. Die geld sal veral gebruik word in die bestuur van mens-dier-konflik asook wildlewe.
Die verkoop van die olifante het tot wydverspreide teenkanting gelei, met aanlyn petisies wat vra dat dit gekanselleer word en omgewingsbewaarders wat ook hulself teenoor dit uitgespreek het.
Internasionale media het beweer die verkoop van die olifante is verbind tot korrupsie en dat Namibië die ware syfers van sy olifantbevolking weerhou.
Die ministerie het dit egter as misleidend en sonder enige basis afgemaak. Volgens die ministerie sal die inkomste uit die verkoop gebruik word vir bewaring en landelike ontwikkelingsprojekte.
Namibië se olifantbevolking word op 24 000 beraam.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie