Olifantveiling nog hangend
Olifantveiling nog hangend

Olifantveiling nog hangend

Ellanie Smit
Ellanie Smit – Geen nuus oor die beplande opveiling van 170 olifante is nog bekend gemaak nie, ondanks die feit dat die regering reeds vyf tenders, van verskeie bieërs, ontvang het.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme wil ten minste N$13 miljoen uit dié transaksie genereer.

Die 170 olifante is in Desember verlede jaar geadverteer. Die ministerie het die toename in die olifantbevolking, wat tot voorvalle van mens-olifant-konflik binne plaaslike gemeenskappe gelei het, as redes vir die veiling aangevoer.

Die veiling is deur teenstand vanuit verskeie oorde begroet, met aanlyn klagskrifte wat geëis het dit moet gekanselleer word en natuurbewaarders wat dit veroordeel het.

Die 170 olifante is van die Omatjetje-gebied (30), die Kamanjab-kommersiële boerderygebied (50), die Grootfontein-Kavango-beesboerderygebied (60) en die Grootfontein-Tsumkwe-gebied (30).

NOG GEEN OOREENKOMSTE

Mnr. Colgar Sikopo, die uitvoerende direkteur van die ministerie se afdeling vir natuurlike hulpbronne-bestuur, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun bevestig daar is lande buite die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat belang stel om die olifante te koop.

Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gesê daar is nog geen koopkontrakte met die bieërs bevestig nie.

“Die bieërs moet nog instem op die ministerie se verkoopsvoorwaardes. As dít bereik word, sal ons 'n aankondiging maak,” het hy gesê.

Die ministerie het gesê die olifante kan verkoop word aan enigiemand in Namibië of in die buiteland wat aan die kriteria voldoen, wat kwarantyngeriewe en 'n wildwerende heining-permit vir die eiendom waar die olifante aangehou sal word, insluit.

In die internasionale media is berig die veiling hou met korrupsie verband en dat Namibië nie sy werklike olifantbevolkingsyfers bekend maak nie.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!