Olifantveiling: Twee bieërs se name bekend
Die omgewingsministerie is tans besig om die 57 olifante te vang wat suksesvol in die omstrede olifantveiling verkoop is.
Ellanie Smit
Twee uit drie suksesvolle bieërs in die opveiling van 170 olifante, se name is uiteindelik deur die ministerie van die omgewing en toerisme bekend gemaak.
Die ministerie swyg egter steeds oor die twee bestemmings waarheen die olifante uitgevoer sal word.
Uit die 57 olifante wat suksesvol tydens die veilingsproses verkoop is, is 37 reeds gevang – waarvan 22 uitgevoer gaan word na bestemmings wat eers aan die einde van die tenderproses aangekondig sal word.
Oor verwikkelinge in die olifantveiling wat vir die eerste keer op 3 Desember 2020 geadverteer is, het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gesê die proses is in ’n gevorderde stadium.
“Die ministerie is tans besig met die vangproses van die 57 olifante wat suksesvol verkoop is.”
Hy het gesê uit die 37 olifante wat reeds gevang is, sal 15 wat rondom Omatjetje in die Erongostreek gevang is, in Namibië bly. Hierdie olifante is reeds na die N/a’an ku sê Foundation Wildlife Sanctuary, die suksesvolle bieër, vervoer.
Muyunda het gesê die ander 22 olifante wat vir een van die uitvoerbestemmings bestem is, is in Kamanjab se kommersiële boerderygebiede in die Kunene gevang. Hulle is verkoop aan mnr. Gerrie Odendaal, een van die suksesvolle bieërs.
Hy besit ’n plaas in die Gobabis-distrik en bedryf GoHunt Namibia Safaris.
Volgens Muyunda moet die oorblywende 20 olifante nog gevang word, hangende die uitreik van permitte deur die Konvensie oor die handel in bedreigde spesies (Cites) van die land waarheen die olifante uitgevoer gaan word.
“Ons wil bewerings ontken dat van die olifante vir China bestem is.”
Hy het gesê Wildlife Vets Namibia en African Wildlife Vets het al die vangwerk met toestemming van die ministerie gedoen.
Die ministerie verwag om N$5,9 miljoen uit die olifanttransaksie te genereer – waarvan N$4,4 miljoen reeds aan die Wildleweproduktetrustfonds betaal is.
Altesaam 170 olifante is oorspronklik aangebied in ’n tender wat aan die begin van Desember 2020 geadverteer is en op 29 Januarie verlede jaar gesluit het.
Die olifante wat deel van die tender uitmaak, sluit in 30 van die Omatjetje-gebied, 50 van die Kamanjab- kommersiële boerderygebied, 60 van die Grootfontein-Kavango-beesboerderygebied en 30 van die Grootfontein-Tsumkwe-gebied.
“Met die veiling beoog ons om die olifantgetalle in spesifieke gebiede te verminder om die konflik tussen mense en olifante te beperk wat tot voortgesette skade aan eiendom, lewensverliese en ’n ontwrigting van mense se lewensbestaan lei,” het Muyunda gesê.
Die geld wat deur die verkoopproses gegenereer word, sal oorgedra word in die Wildleweproduktefonds en herbelê word in die bewaring van Namibië se wildlewe en bewaringsgebiede.
Die geld sal veral gebruik word in die bestuur van mens-dier-konflik, bestuur van nasionale parke, spesiebewaring, wildbeskerming en wetstoepassing, gemeenskapsgebaseerde bestuur van natuurlike hulpbronne en landelike ontwikkeling.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie