Olikheid kom uit die bloute
Olikheid kom uit die bloute

Olikheid kom uit die bloute

[email protected]
Andrew Poolman
Dis dag vier van verpligte isolasie en die aanpassing om van die tuiskantoor af te werk.

Vroulief het eerste siek geraak en het vir dae lank behoorlik swaargekry met die aanhoudende droë hoes, lyfseer en verlies aan smaaksintuig wat haar eetlus verniel het.

Toe ons dus Maandagoggend by die toetssentrum gaan aanmeld, kon ek die uitslag beswaarlik glo. Sy negatief en ek, springlewendig en sonder enige simptome, is positief.

Ek moet bieg dat om die afgelope twee jare die eerste drie pandemiegolwe gespaar te gebly het, straks die geloof aangevuur het dat Covid-19 nie vir my beskore is nie.

Die laaste paar dae is dit egter ’n kwessie van “kry die virus en praat saam,” met soveel gevalle in omloop.

My selfversekerdheid het vanaf dag twee van tuisterapie stelselmatig begin kwyn namate ek die lastige simptome begin voel nader kruip het. Daai sensasie dat jy binnekort met ’n seer keel kan sukkel, terwyl die reëlings vir sit voor die rekenaar of lê in my selfopgelegde tuisisolasie ook algaande tot lyfseer, veral in die laer rug, begin bydra.

Voeg ’n slapelose nag of twee by en ’n mens kan sommer gou behoorlik olik voel.

Gelukkig het my vrou se konkoksies en die stoomterapie darem tot dusver nog die droë hoes weggehou. ’n Hoesery soos my arme vroutjie s’n sedert laas week klink maar na ’n onaangename besigheid.

Die cliché is mos dat mans wat selfs net deur ’n verkoue platgetrek word, altyd erger tekere gaan as vroue; asof hul siekte hulle op die punt het om die emmer te skop.

Ekself is nie in die gewoonte om te veel te kla nie, maar as ek sien teen watter slakkepas ek deur die huis beweeg, kan ek nogal ’n mate van waarheid in die gesegde sien.

My vrou is meestal die gedissiplineerde een wat ons elk keer aanpraat wanneer ek nie die versoeking kan weerstaan om darem vir klein Mitchell ’n drukkie te wil gee nie. Al hou ek nie daarvan nie, het ek seker nie ’n voet om op te staan as sy hom bangpraat oor coronavirus nie.

Om op te som, is daar steeds baie om voor dankbaar te wees indien jy darem ’n ondersteuningstruktuur het om jou deur hierdie stormagtige tye te help.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!