Olimpiese droom kos sweet en volharding
In haar begindae het dit vier maande geduur net om die roeiboot nie te laat omslaan nie, vertel Maike Diekmann.
Tielman van Lill – Hoewel Nieu-Seeland met sewe uit die toptien beste vroulike roeiers ter wêreld spog, stuur die woestynland Namibië vir Maike Diekmann wat volgende jaar in Tokio aan die Olimpiese Spele gaan deelneem.
Nieu-Seeland se vroue beklee die eerste tot vierde posisies op Wêreldroei se ranglys en rond hul oorheersing met die 8ste, 9de en 10de beste roeiers af. Australië het twee van die sterkste vroueroeiers (5de en 7de) en Ierland spog met nommer 6.
Op die mansranglys is Duitsland die dominerende krag en vul die eerste ses posisies op die Wêreldroei-ranglys.
Die 26-jarige Diekmann is die eerste Namibiër wat in roeisport vir 'n Olimpiese Spele gekwalifiseer het.
Op hoërskool (2012-2013) het sy Namibië in rolskaatshokkie by die wêreldkampioenskap in Kalifornië verteenwoordig.
Heel toevallig en met geen vorige ondervinding nie, het sy by roeisport betrokke geraak. Ná haar hoërskooldae in Otjiwarongo het sy besluit om op Rhodes Universiteit haar B.Sc-graad in geologie te begin.
Nadat sy die eerste twee jaar hokkie gespeel het, het sy heel toevallig in haar derde jaar op Rhodes by roei betrokke geraak. Die vrouespankaptein het haar gebel en gesê hulle soek vrywilligers met geen ondervinding om aan 'n pretdag deel te neem.
Diekmann vertel: “Die hokkiespelery het nie vir my gewerk nie. My span het bykans elke wedstryd verloor; dit het teen my kompeterende persoonlikheid geskaaf en ek het iets anders gesoek. By die jaarlikse sportekspo het ek my nommer gegee en dit is hoe hulle my gekontak het.
“Ons het wel twee dae voor die pretdag gaan roei, maar dit was chaos met ons spulletjie. Hoewel ons net twee spanne was wat teen mekaar geroei het, het my span die uitdaging gewen.
“Die adrenalien het behoorlik gepomp en dis waar die gogga gebyt het. Ná ons oorwinning het Chris Holliday, 'n afrigter, na my gekom en gesê ek het natuurlike talent om 'n uitstaande roeier te word.
“Chris het aan die begin 'n groot rol in my besluite gespeel. Ek is gevra om die volgende jaar 'n maand vroeër in Januarie vir 'n oefenkamp aan te meld.
“Dit het my letterlik vier maande geneem om nie die boot te laat omslaan nie! Ek is van nature 'n ongeduldige mens, maar vreemd genoeg het ek vasgebyt en Namibië ná net tien maande se oefen by die Afrika-kampioenskap in Tunisië verteenwoordig,” het sy gesê.
Diekmann het in 2015 in Tunisië die Afrika B-finaal gewen en onder Afrika se toptienvroue vir die jaar geëindig. Sy het egter nie vir die 2016 Rio de Janeiro Olimpiese Spele kwalifiseer nie.
“My ouers en veral my ma het my baie ondersteun om deur te druk en ek is vandag nie spyt nie. As ek na die 2016 Rio Spele sou gegaan het, weet ek nie wat met my sou gebeur het nie. Maar my prestasie in Tunisië het my laat besef dat ek met meer tyd en oefening kan verbeter.
“Ná die kampioenskap was ek ongelooflik gemotiveer en het teruggegaan om vir ure aaneen die tegniese aspekte onder die knie te kry. Om vir die Spele voor te berei, is basies 'n voltydse werk en dit word deel van jou lewe om twee keer per dag te oefen.”
Diekmann sê die plaaslike media en Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) het haar nog altyd wonderlik ondersteun.
“Nadat ek in Oktober 2019 vir die Olimpiese Spele in Tokio gekwalifiseer het, met 'n goue medalje by die Afrika-kampioenskap in Tunisië, was daar groot opgewondenheid in die media wat die boodskap uitgedra het. Die NNOK was nog altyd trots op my en het goed gepraat van my prestasies.”
Diekmann het algaande teen uitgelese internasionale teenstand in Europa begin meeding. By die 2019 Wêreldbeker in Rotterdam was sy negende, gevolg deur 'n 16de posisie by die wêreldkampioenskap in Linz, Oostenryk.
“Ek het besef ek kan groter hoogtes bereik. Dié besef was tegelyk skrikwekkend en opwindend. Die res is geskiedenis en volgende jaar kan ek Namibië met trots in Japan verteenwoordig. Ek wil hê kinders moet weet dat enige iets met harde werk en deursettingsvermoë bereik kan word,” sê sy.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie