Olimpiese valbyl klap vanoggend

Sewesrugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Verloor vanoggend jou openingswedstryd en jy is dadelik uitgeskakel in die wedloop na Olimpiese kwalifisering.

Dit is die genadelose formaat van die kontinentale sewesrugby-kampioenskap wat vandag vir 14 lande se spanne in die Bosmanstadion in Brakpan, Suid-Afrika, afskop.

Namibië se openingswedstryd is vir 10:50 teen Tunisië, ’n span wat hoër as hy op die ranglys is, maar afrigter David Philander is nietemin positief dat sy span die knoop kan deurhaak.

Elke span se openingswedstryd is ’n waterskeiding wat die wenners in die boonste helfte van die kompetisie plaas, terwyl die onderste helfte se spanne ook geen kans meer staan vir die Afrika-toernooi se groot beloning nie. Net die twee uiteindelike finaliste kry uitnodigings na die HSBC Wêreldreeks se toernooie in Dubai en Hongkong, terwyl net een span vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio kwalifiseer.

“Spanne soos Zimbabwe (heersende titelhouer) en Kenia het op die oog af makliker wedstryde om mee te begin, maar ek het vertroue ons manne kan die ding doen teen Tunisië,” het Philander gister laat weet.

Sy span sal vandag altesame drie wedstryde speel, maar daardie eerste een is uiteraard van die grootste belang.

Volgens Philander sal Cameron Langenhoven (kaptein) in die openingswedstryd deur die volgende spanmaats vergesel word: Peter Diergaardt, Adriaan Booysen, Elmarco Beukes, Aurelio Plato, Gerswin Mouton, Chad Plato. Reserwes: Max Katjijeko, PJ Walters, Shareave Titus, Carlton Stevens, Tuna Amutenya.

Vanoggend se wedstrydskedule:

09:00 Zimbabwe tn Nigerië

09:22 Kenia tn Ivoorkus

09:44 Uganda tn Mauritius

10:06 Madagaskar tn Botswana

10:28 Zambië tn Ghana

10:50 Tunisië tn Namibië

11:12 Senegal teen Marokko

Net span nommer agt – die enkele beste verloorder op grond van punteverskil – oorleef om in ’n groepfase saam met die sewe wenners uit te spook.

Indien Namibië sy openingswedstryd wen, sal hy volgende teen die wenner tussen Uganda en Mauritius te staan kom.
• Volgens Rugby Africa se webblad sal regstreekse videostroom van die toernooi op sy Facebook-blad beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!