Olley-egpaar lei glanslewe in Johannesburg

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel watter middel tot die dood van ‘n Swakopmundse egpaar gelei het.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Finansiële verknorsing wat deur die Covid-19-pandemie vererger is, was skynbaar ook ’n rede waarom mnr. Dean Olley (73) en sy vrou, Luella (63), lang tyd bestee het om Saterdag hul laaste lewende ure haarfyn te beplan.

Hulle is Sondag dood op hul bed gevind nadat hulle vermoedelik ’n hoë dosis van ’n toksiese middel gedrink het.

Dit was nadat hulle eers vroeër die dag hul geliefde hond na ’n veearts geneem het om dit te laat uitsit. Die hond was by hulle op die bed toe hulle gevind is.

Die egpaar se kat, wat hulle vermoedelik self uitgesit het, was ook in die kamer.

Die Olleys het in Vogelstrand op Swakopmund gewoon.

Dié egpaar, wie se spoghuis in Johannesburg al deur die Suid-Afrikaanse leefstylprogram, Top Billing, op televisie vertoon is, was nie Namibiese burgers nie.

Dean was ’n Suid-Afrikaner en Luella ’n Brit wat van Cornwall in Engeland kom.

Hulle destydse huis in Johannesbrug is deur die argitek Christoff Wipplinger ontwerp om die gevoel te skep van ’n skuur op ‘n Vrystaatse plaas, het Top Billing in die program, A Star is Barn, verduidelik.

Dit was gevul met unieke kunswerke en meubels wat die egpaar se energie weerspieël, verduidelik Top Billing in ’n artikel op sy webblad.

Die Olleys was die eienaars van ’n konstruksiemaatskappy, Afrores & Trinidad (Pty) Ltd. Husab-myn was een van dié maatskappy se kliënte.

Republikein het vertroulik verneem hulle het onder andere die Ontvanger van Inkomste geld geskuld, maar dat Dean se gesondheid nie goed was nie. Hulle finansiële situasie is na verneem word deur die pandemie vererger.

Intussen het komm. Nelius Becker, hoof van die polisie se Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap, gister by navraag gesê die egpaar se oorskot sal na dié instituut in Windhoek gebring word vir die nadoodse ondersoeke.

Hy sê nota’s wat in die huis gevind is, asook die egpaar se rekenaars, sal ook as deel van die ondersoek ontleed word.

“Ons vermoed nie gemene spel nie,” het hy gesê.

Die Olleys laat ‘n seun agter wat op die Kaaiman-eilande woon.
[email protected]

FOTO’s
Mnr. Dean Olley het glo aan 'n ongeneeslike bloedsiekte gely. Foto Facebook
Wyle me. Luella Olley, wat in Cornwall, Engeland, grootgeword het. Foto Facebook
Die Suid-Afrikaanse leefstylprogram Top Billing het in Maart 2011 besoek afgelê by die Olleys se destydse huis in Johannesburg. Dit is deur die argitek Christoff Wipplinger ontwerp. Die foto-artikel, A Star is Barn, is aanlyn beskikbaar. Foto Top Billing
Die Olley-egpaar, Dean en Luella. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!