Olufuko 'n ‘ontkleedansery’
NamRights sê die fees is ‘n vroulike seksuele inisiasieritueel en ‘n skadelike tradisionele praktyk.
Jana-Mari Smith – Namibië se regering, die voormalige staatshoof Sam Nujoma en twee tradisionele owerhede bestry ‘n regsgeding om die Olufuko-kulturele fees te verbied.
Volgens mnr. Phil ya Nangoloh, NamRights se uitvoerende direkteur, is dié praktyk ’n tentoonstelling van jong meisies wat hul waardigheid en menseregte skend.
Dít is die argumente wat in sy organisasie se eedsverklaring aangevoer is wat in Julie vanjaar, ‘n maand voor die fees, ingedien is.
Die menseregteorganisasie sê die fees, wat in 2012 weer herleef het, is ‘n vroulike seksuele inisiasieritueel en ‘n skadelike tradisionele praktyk wat 80 jaar gelede in die land gestaak is.
Hy sê ook wat meisies jonger as 18 jaar betref, is die fees onwettig én ongrondwetlik en behoort verbied te word.
In 2012 het Ya Nangoloh ‘n verklaring uitgereik waarin hy gesê het die fees is diskriminerend, verneder meisies en strook nie met Namibiese wette nie.
In Oktober verlede jaar het hy gesê die fees is niks minder nie as ‘n ontkleedans waartydens jong meisies aan mans blootgestel word. Hy het bygevoeg dit bevorder partriargie en die ondrukking van vroue.
Ya Nangoloh sê die fees is in kontras met Namibië se kontemporêre, burgerlike, kulturele, politieke en maatskaplike gebruike en praktyke, en is ’n parade van arm, kaalbors meisies in die openbaar sonder hul toestemming.
NamRights het die regering toe gewaarsku hy sal binne drie maande regstappe doen as meisies jonger as 18 nie verbied word om aan die fees deel te neem nie.
In Julie het die organisasie in hul verklaring gevra die hof moet die fees as ‘n “skending van verskeie menseregte van jong meisies en vroue” verklaar.
Hy sê kinders so jonk as 12 word vir “’n huwelik, seks en kinders baar” aangebied.
Van die 19 respondente wat in die regsgeding gelys word, het net die eerste vier dit teengestaan.
Dit sluit mnr. Sam Nujoma as vierde respondent, die Namibiese regering as eerste en die Ombalantu- en Ombadja-tradisionele owerhede as onderskeidelik tweede en derde respondente in.
Nujoma is die fees se beskermheer en het vanjaar s’n amptelik geopen.
Die oorblywende respondente sluit die ombudsman, die Namibiese Toerismeraad, Women’s Solidarity Namibia, Sister Namibia, die Regshulpsentrum en Lifeline/Childline in.
Volgens NamRights is die meeste van dié respondente slegs as belanghebbende partye gelys, en tensy hulle die aansoek teenstaan, word geen materiële of ander koste van hulle geëis nie.
Die opponerende partye het ‘n beantwoordende verklaring in Augustus ingedien waarin hulle staatmaak op mnr. Erastus Kautondokwa, ‘n senior kultuurbeampte in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, om hul saak te stel.
Kautondokwa, ‘n lid van die Ombalantu- tradisionele owerheid, het ‘n meestersgraad in kulturele antropologie en sy tesis is op die Olufuko-fees gebaseer.
Hy het aangevoer al die meisies wat aan die fees deelneem, doen dit “gewillig en met hul ouers se toestemming en vrywaring”.
Hy beweer ook die fees is vir die gemeenskappe wat betrokke is, ‘n “inlywingsrite vir jong meisies wat gemik is op onderrig en die bemagtiging van jong meisies met die basiese vaardighede en verantwoordelikhede van vrouwees”.
Kautondokwa sê ook as ‘n ministeriële beampte het hy nog nooit enige klagtes van meisies of ouers ontvang dat hulle op welke manier ook al “ontbloot en onderwerp is aan enige vroulike seksuele inisiasie” soos beweer word nie.
Die verklaring sê voorts NamRights en Ya Nangoloh het geen reg om die regsgeding aanhangig te maak nie, omdat hulle nie direk of indirek deur die beweerde oortreding geraak word nie.
Volgens Kautondokwa staan dit die vermeende slagoffers en hul ouers vry om siviele of strafaksies van stapel te stuur om hul regte af te dwing sou hulle voel dit word geskend.
Die saak is voor hoërhofregter Collins Parker vir ‘n statusverhoor geherskeduleer.
Die eerste vier respondente word deur die regering se regsverteenwoordiger, Mehluli Ndlovu, verteenwoordig.
NamRights het nog nie bevestig wie die organisasie se regsverteenwoordiger is nie, terwyl Ya Nangoloh tot dusver namens hom opgetree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie