Om af te stof en stil te staan
Tielman van Lill – Gorrel kan soms aangenaam, of lekker wees. Om met die verkeerde mens te gorrel, kan vervelig of selfs sieldodend raak. Dié gesprekke is vir my soos om ’n brommer te bestudeer wat te lank by ’n piering vol Swartland-hanepoot getalm het in ’n vol blik goue Natal-stroop sy weg na veiligheid moet oopveg.
Daar is geen vordering nie, en dit kan alte gou verveeldheid en ’n bakkersdosyn vol gape oor ’n mense se lippe laat ontsnap.
“Is jy vaak?” kan jou gespreksmaat dalk vra. “Wel, nee ou tjom, net bitter verveeld. Ek het wel laasnag nie ’n oog toegehad nie,” sal ek antwoord.
Nodeloos om te sê, maar meer as dikwels sal hy of sy nie die naaldprikkie voel nie. Al trap jy op daai gewraakte liddoring op haar of sy kleintoontjie wat soos ’n fytvinger pols. Jy hoor hom glads as jy in die gang afstap.
Gepraat van gaan en staan en nêrens heen gaan. Sommige mense het meer volume as ander. “Hoe bedoel meneer dan nou?” sal Jaco, een van my ou groot maters gevra het. “Volume behels saais, omtrek en die hoeveelheid swaartekrag wat 'n voluumteerder op ’n skaal kan uitoefen,” sal ek na drie drukke en ‘n draai hom geantwoord het.
Kyk ek het self al verby die 140 kilogram gedraai en ek is maar net 1,76 meter lank, of is dit nou 1,76 meter kort? Ek ken ook van sukkel met te veel volume. Nie dat ek op ses-en-vyftig met Usain Bolt se fisieke eksteriër spog nie… Daar is hopeloos te veel passasiers wat om my middel saam met my reis en draf is uit soos ’n pak beskuit op ’n Sondagnamiddag in ’n seunskoshuis. Ek is ook nie ’n gekwalifiseerde lewensredder wat ’n tjoepie nodig het nie.
As dit by eet, veral verkeerd en te veel eet kom, gebruik te veel slimmetjies hul mond en ore in die verkeerde verhouding. Kyk, ’n mens het mos twee ore en een mond. Gebruik dié instrumente in dieselfde verhouding as dit by eet en luister kom. Dis nou maar my beskeie ingeligte opinie. Dis vir my ook al gesê, ek moet dit nou ongelukkig ruiterlik beken.
Ja-ja, ek weet ek speel tans nie op Aftjop se stoepe nie, maar heel moontlik daar by die yskaste rond met nat vloere de works wat ’n ou lelik kan laat gly. Hierdie is soos kerksake, politiek of rugby. Dis gevaarlike terrein met vele slaggate en verskanste landmyne asook valstrikke waarin ’n ou soos ek ongesiens in kan beland.
Ek het al vele mense gesien met volume wat loop. Alles beweeg. As hulle gaan staan, loop hulle nog steeds…
Ek het gisteroggend dieselfde gaan-staan-en-bly-loop aksie ondervind met my Kletskompas-onderhoud met Beatrice Masilingi en Christine Mboma in die ateljee by die NMH-hoofkantoor waar hulle en hul afrigter, Henk Botha, lekker by ons gekuier het.
Die twee tieners van Grootfontein in die noorde is ná ’n baie kort tydjie weens hul atletiekprestasie heel moontlik op elke senuweeagtige internasionale junior en senior 200 meter- en 400 m- vroueatleet se lippe.
Beide het vir die 400 m gekwalifiseer om aan die 2021 Olimpiese Spele in Tokio deel te neem, en Beatrice het boonop vir die 200 ook hierdie regmerkie agter haar naam gekry. Dan is daar boonop die 2021 junior wêreldkampioenskap wat op hulle wag.
Die 17-jarige Christine het die afgelope naweek ’n 29-jaaroue 400 m-wêreldrekord in Lusaka aan flarde gehardloop met Beatrice (18) kort op haar hakke. Hierdie twee Super Novas gaan nie net Namibiese- en Wêreldatletiek se geskiedenis herskryf nie, maar Namibië opnuut internasionaal in die kollig plaas.
Met Kouwit ampertjies iets van die verlede, het ons land presies dit nodig om weer wintie en breëbors rond te loop met ’n gespogtery wat vir niks skrik nie.
“Jy praat te veel, stof jou ore af en gebruik dit meer om te luister,” seg ’n whatskap wat ek gister ontvang het, terwyl ek aan my SMN geboorte skenk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie