Om die beste van twee wêrelde te kies
In 1979, ná die slag van Cassinga, word 430 jong Namibiese kinders na die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR) gestuur waar hulle skoolopleiding ontvang. Ná die val van die Berlynse muur word die kinders na ‘n land, kultuur en familie teruggestuur wat vir hulle vreemd was. ‘n Namibiese leerling en...
Henriette Lamprecht – “Dit is die eerste Namibiese onderhoud wat ek doen.
“Dit is my persoonlike opinie, onder my naam en namens myself, ek praat namens niemand ander nie.
Ek was drie jaar oud toe ek uit ‘n vlugtelingkamp in Angola as deel van ‘n groep kinders na die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR) na Bellin, Duitsland, geneem is. Watter kamp dit was, kan ek egter nie onthou nie.
Ek was een van die jongste kinders en my ma het daarom saamgekom. Ek het egter nie saam met haar gebly nie, sy was deel van ‘n ander groep, nog ma’s wat saamgekom het. Hulle is as kindertuinonderwysers opgelei en het na twee jaar weer na Namibië teruggekeer. Die Namibiese onderwysers se kwartiere was apart van die kinders s'n.
Partykeer is ons kom haal en is daar foto’s van ons saam met hulle geneem.
Ek het nooit my pa geken nie. Hy het een keer uit ek dink Rusland na die DDR gekom, dis al wat ek kan onthou. Terug in Namibië kon ek hom nooit in die hande kry nie, hy kon net nie opgespoor word nie. Ek het later gehoor hy is dood.
Ek het nie gehou van die idee om na Namibië terug te keer nie, ek het veilig in die DDR gevoel. Ek het Namibië net deur ‘n storie geken, dit was net iets waarvan die Namibiese onderwysers ons vertel het. Ek het geen idee gehad waar ons sou bly, wat ons sou eet nie. Ek het ‘n oerwoud en piesangbome verwag. Toe ons land en ek uit die vliegtuig die omgewing sien, het ek gedink dit is glad nie hoe dit aan ons vertel is nie. Dit was baie droog en ‘n groot teleurstelling.
Ons ouers was veronderstel om ons in Khomasdal te kom haal. My ma het baie laat op die radio gehoor ons kom terug en ek is eers baie later opgetel. Ek het egter geweet wie my gaan kom haal, ander het nie geweet of selfs die persone herken wat hulle kom haal het nie. Ons het elkeen N$50 en ‘n kombers gekry. Party mense sou net van die kleiner kinders en die geld en die kombers vat, net om die kinders om die naaste hoek weer net so te los.
Ek dink die feit of die kinders saam met die persoon sou gaan, is bepaal oor hoe die kinders teenoor die persoon gereageer het wat hulle opgetel het.
Daar was drie fases, ek is aanvanklik nie kom haal nie en is eers ‘n maand, twee maande later by die St. Edwards-koshuis kom haal. Party kinders is sommer net so iewers in ‘n straat gelos.
Alles in die DDR het ook begin verander en ons is die kans gebied om in Wes-Duitsland te gaan bly. Duitsland het die oudste kinders die opsie gebied om ‘n vakleerlingskap in die land te voltooi. Die plan was dat die oudste kinders sou bly en hul studies en vakleerlingskappe voltooi. Dit was in elk geval Duitsland se hoop dat dit so sou wees. Die Namibiese regering wou egter nie dat ons bly nie. Die idee was glo ons gaan terug om Namibië ‘n kommunistiese land te maak, ek weet egter nie of dit waar is nie.
Ek is na ‘n Duitse skool in Swakopmund, dit was my eerste kontak hier met Duitse mense. Dit was geweldig moeilik. Die meeste was boere se kinders en grootgemaak met die idee swart mense werk vir hulle. Nou was hier swart mense wat hul taal gepraat het! Dit was bitter moeilik in die begin, maar later het ander tog meer aanpasbaar geraak. Al hoe meer swart kinders het ook na die skool gekom en ek het die kinders by die skool leer ken. Ná Namibië se onafhanklikheid het Duitse skole ook meer Engels geraak en meer swart kinders is hier ingeskryf, ek het baie swart vriende gemaak. Ek het anders as hulle grootgeword en Engels was nie regtig ‘n struikelblok nie. Ons (DDR-kinders) het egter uitgestaan, ons het anders aangetrek, ons was anders. Dit was ook die gevoel onder die ander kinders, dat ons ‘anders’ was. Miskien het hulle ons as arrogant gesien, die feit dat ons anders was. Miskien het hulle gedink ons wou nie inskakel en deel word van hulle nie. Ons was toe ook tieners wat ‘n moeilike stadium is. Ek onthou ‘n keer wat ons van Katutura dorp toe gestap het. ‘n Swart man het ons geterg en met Coke natgespuit, net omdat ons teruggepraat het!
Ek het broers en susters, een is in 1987 en een in 1990 gebore. Ek het hulle glad nie geken nie, ek moes hulle leer ken toe ons terugkom. Dit was ook nie so maklik nie. Iemand staan voor jou en se ‘dis jou oom’ en jy moet net aanpas. As ‘n tiener het jy jou eie probleme, jy hou nie van enigiets nie!
Was dit nie vir die Duitse regering nie, sou my familie dit nie kon bekostig om my skoolgeld te betaal nie. Die konflik was egter heeltyd tussen Duitsland en Namibië. Ek het in 1995 my skoolloopbaan voltooi en die Duitse regering het toe ook hul finansiering gestop, ek was dus gelukkig.
Ek dink die tydsberekening van ons terugkeer was net nie reg nie. Jy kan nie in ‘n oomblik verander en in ‘n ander land wat totaal anders is as dit waaraan jy gewoond is nie, sonder meer aanpas en inskakel nie. Owamboland was ‘n heel ander storie, party dae was maklik, ander was moeiliker. Oor die algemeen was dit net baie moeilik om by familie en die kultuur aan te pas.
Ons skool- en koshuisgeld in Namibië is alles deur Duitsland betaal.
As ek dink aan wat van ons en ons lewens geword het, sou ek sê ons het dit baie goed bestuur op ons eie, selfs al was dit so moeilik. Ek is steeds in kontak met die ander DDR-kinders, die meeste bly egter in Namibië.
Ek het in 1996 na Duitsland teruggekeer waar ek ‘n vakmanskap as ‘n mediese assistent voltooi het, dit is soos ‘n verpleegster. Ek het gekies om hier te bly, eerder as om weer na Namibië terug te keer. Ek het gewerk by ‘n algemene praktisyn se praktyk in Hanover. Die dokter het ‘n huis in Namibië gehad en het van die DDR-kinders gehoor. Hy het aangebied om aan een van die kinders beroepsopleiding by sy praktyk gegee. Ek het by hom en sy familie tydens my opleiding gebly en vandag bly ek steeds in Duitsland. Die dokter het al my dokumente gereël, ek moes egter sorg vir die vliegtuigkaartjies. Vir my was dit nie moeilik om oor te gaan nie, ek het ‘n plek gehad om te bly en het opleiding gekry
Ek het 11 jaar in die DDR gebly en het dit baie geniet om hier groot te word. Die ander opsie was om my kinderjare in ‘n oorlog deur te bring. In die DDR was ons veilig, is ons versorg. Mense het gesê ons is kommuniste en is nie veronderstel om ‘alles’ te kry nie, maar ons het sakgeld ook gekry. Ons is nogal baie bederf, dit was ‘n baie beskermde, idilliese lewe.
Toe ons van Bellin na Stassfurt is, was ons tieners. Ons het verlief geraak, uitgegaan, dinge was toe moeiliker. Ons het probleme met die tieners in Stassfurt gehad. Ek dink egter nie dit was rassisme as wat dit eerder jaloesie van hulle kant af was nie. Die idee was ons sou eendag terugkeer na Namibië en sosialisme se lof besing.
Die Duits was nie ‘n probleem nie, ons het die taal vinnig begin leer.
Voel ek soos ‘n Namibiër? Ek hou van Duitsland en Namibië, ek probeer die beste van albei lande vat. Ek hou daarvan om te sê ek is ‘n individu van die wêreld, net om die vraag te ontduik. Ek mis die lekker deel van Namibië en hou daarvan om te gaan kuier. Ek kan egter nie myself voorstel om daar te werk nie. Ek kan egter wel voorstel dat ek eendag vir goed terugkeer, maar dit is nie iets wat ek beplan nie. Ek was 20 jaar oud toe ek na Duitsland teruggekeer het. Toe was my gevoel ‘ek gaan nooit weer terug Namibië toe nie’, maar dit het verander. My familie is in Namibië en woon in Outapi, Windhoek en Lüderitz.
Ek voel egter daar was geen optrede aan die kant van die Namibiese regering nie. Hulle wou ons teruggehad het, maar het niks gedoen om ons welkom of deel van die land te laat voel nie. Miskien het dit net te veel vereis?
Die algemene gevoel in Duitsland was dat ons sukkel en swaarkry. ‘n Maatskaplike werker is uit Koln gestuur om na ons om te sien. Sy het met haar hele gesin na Namibië verhuis en hier gebly totdat ons klaar met skool was.
Duitsland het ons nie laat val nie, terug in Namibië het hulle ons steeds versorg en ondersteun. Selfs die Namibiese Duitse gemeenskap (die boere) het op hul eie na ons omgesien. Ons het tydelike families gehad waar ons skoolvakansies deurgebring het. Ek dink die Duitse gemeenskap in Namibië voel as gevolg van hul koloniale verlede skuldig, hulle doen steeds geweldig baie vir die land.
Ons as DDR-kinders het ‘n rol gehad om in ‘n onafhanklike Namibië te speel, ons moes ‘n kommunistiese land bou. Ons is egter nie so gebreinspoel nie, inteendeel, ons was nogal baie oop. Miskien het ons van hierdie rolle geweet, maar het net nie belang gestel nie. Die werklike waarheid is egter nooit uitgebeeld nie, ek kan nie eers onthou dat ons ooit onafhanklikwording gevier het nie.
Ons is nie meer DDR-kinders nie, ons wou nie meer onderhoude doen nie. Die vraag na onderhoude het gelukkig al hoe minder geraak.”
Die DDR-kinders se onderwysers vertel:
“Die kinders was gretig om te leer, bo-gemiddeld, gelukkig en toegewyd. Hulle het die besef gehad hulle moes hard werk om iets te bereik.
Ons het nie geweet waar Namibië is of wie Swapo was nie, ons het net geweet die land is iewers in Afrika. Baie van die kinders was baie siek toe hulle in Duitsland aangekom het. Ons het die indruk gekry hulle sou die ‘elite vir ‘n onafhanklike staat’ wees.
Was hulle nie lus vir leer nie, het hulle op hul hande gaan lê en moes ons ander maniere kry om weer hul belangstelling te prikkel!
In die somer was dit bitter warm en die Duitse kinders is huis toe gestuur as die temperatuur ‘n sekere graad bereik het. Die Namibiese kinders moes egter skoolgaan. Ons het vir hulle gesê as dit so warm in Namibië is, gaan die Duitse kinders nog steeds koudkry! Tydens sportbyeenkomste met ander skole was die Namibiërs altyd die beste en het in al die items die eerste vier plekke beklee. Die ander het gedink hulle is die beste, maar die Namibiërs het hulle ore aangesit, soveel so dat hulle later nie meer wou hê die Namibiese kinders moes deelneem nie!
Die besluit om die skool van vriendskap (Ehemalige Schule der Freundschaft) te sluit, het van die kant van die nuwe Duitse regering gekom. Die onderwysers het ná die val van die Berlynse muur die vrees gehad alles sou tot ‘n einde kom. Die hoop was egter vir finansiering om te kon voortgaan.
Ons was bitter teleurgesteld toe ons hoor die kinders gaan terug en die skool gaan sy deure sluit. Die feit dat hulle nie hul skoolloopbaan hier kon voltooi nie, het ons baie hartseer gemaak. Dit was so skielik, sonder dat ons hulle kon voorberei vir ‘n lewe in ‘n land wat hulle nie geken het nie.
Verslae is aan die Bundestag in Wes-Duitsland deurgegee dat die onderwysers hier radikale kommuniste was, stoere Staliniste. Dit was iets wat ons geweldig seergemaak het.
Baie aaklige, negatiewe goed is oor ons en die skool gesê. Dat die kinders militêre opleiding gekry en met masjiengewere rondgeloop het. Stories en beeldmateriaal is ook op Westerse televisie versprei van Namibiese ma’s wat huil omdat die kinders van hulle gesteel is en dat hulle nie weet waar hul kinders is nie.
Ons praat van kinders wat uit ‘n oorlogsituasie gekom het. Ons kon verstaan en was simpatiek teenoor ‘n ma wat besluit het om haar kind weg te stuur waar hy of sy veilig is en ‘n beter lewe het.
Ons het ná die sluiting van die skool heeltemal van openbare besprekings oor die kinders en die skool onttrek.
Nadat die projek geëindig het, het ons vir ses maande sonder werk gesit totdat die skool gekies is om as inrigting vir beroepsopleiding, vandag die Beroepsopleiding Instituut van Saxony-Anhalt, te dien.
Ons het geen kontak weer met die kinders gehad nie, omdat die program so skielik gestop is. Reeds in die lente van 1989 het dinge begin verander, met ‘n massiewe uitvaart na onder meer Hongarye. Ons het geweet iets groot gaan gebeur wat ‘n geweldige invloed op die toekoms sou hê, ons het egter vir ‘n sagter oorgang gehoop. Die hoop was ‘n vroulike direkteur van die skool wat ‘n politikus geword het, kon druk op die nuwe parlement plaas om steeds die skool te finansier. Die rede vir die sluiting was pure politiek. Niemand wou vir kommunistiese idees betaal nie, niemand wou iets met kommunisme te doen gehad het nie.
Die 240 Namibiese kinders wat hier was, het in ‘n kommunistiese stelsel grootgeword, maar is in ‘n neutrale stelsel onderrig. Dit het nie net oor politieke onderrig gegaan nie, hulle het beslis nie skool toe gekom en politieke liedjies begin sing nie!
Ons as ‘n skool het op ‘n ‘eiland’ gebly, ons het nie noue kontak met die samelewing gehad nie. Daar was stories die kinders kry elke dag tien piesangs, iets wat baie skaars in die DDR was, dat onderwysers in Deutsche Mark betaal is en die kinders sakgeld gekry het. ‘n Franse joernalis het selfs gevra waar is die doringdraad wat die kinders binne die skool hou.
Die kinders is drie weke gegee om te pak, twee klein tasse met al hul besittings. Drie busse het die kinders Frankfurt-lughawe toe geneem en van die onderwysers het hulle vergesel. Ons moes die kinders in die nag lughawe toe neem sodat niemand agterkom Namibiese kinders is hier onderrig nie. Dit was ‘n alleraaklige dag.
Ons het na die sluiting van die skool die dokumente en storie van die onderrig van die DDR-kinders vir ons plaaslike geskiedenisklub aangebied, hulle het egter nie belang gestel nie.
Die doel van die onderrig van die DDR-kinders was om toekomstige kenners, leiersfigure, te kweek. Daar is dié wat nie in sulke posisies geëindig het nie. Dit het onmoontlik geblyk om ‘n situasie hier te skep met die werklikheid wat gedurig vir hulle verander het. In dié geval was ons dalk nie suksesvol nie.”
Mnre. Heinz Berg (onderwyser - Stassfurt), Herbert Rudnitzki (skoolhoof - Stassfurt), Gunter Truschkewitz (skoolhoof - Stassfurt), Godfried Baumgart (skoolhoof – Loderburg), me. Helga Denneman (onderwyser – Loderburg).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie