Om die lewe te gryp soos sy wil
Henriette Lamprecht
Haar grootste droom is om alles in haar lewe aan te pak soos sy nog altyd wou en regtig die beste te maak van elke geleentheid, omdat sy nog nooit werklik die kans daarvoor gehad het nie.
Sy droom van 'n staproete oor 'n paar jaar in Switserland, haar eie apteek, en sy wil steeds betrokke wees by die toedien van medikasie aan pasiënte by 'n dialisesentrum.
Ook wil die 21-jarige Jeamé, tans 'n B.Pharm-student aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom, Suid-Afrika, mense meer bewus maak van haar niersiekte deur middel van motiveringspraatjies.
Sy ervaar sedert kleintyd probleme met haar niere wat soos sy ouer geword het, vererger het, vertel Jeamé.
“My nierfunksie was wel altyd op 27%, wat dit nog moontlik gemaak het om in 'n mate normaal te funksioneer.
“Soos ek ouer geword het, het die simptome vererger en dit het moegheid, 'n erge gejeuk (veral snags), swakheid en kortasemrigheid ingesluit.”
Jeamé erken dit is 'n groot aanpassing om die energie wat sy wel het, reg te gebruik vir “noodsaaklike aktiwiteite” in haar lewe en nie sommer vir enigiets nie.
“Ek moet dikwels twee keer dink as dit kom by aktiwiteite oor naweke en vakansies. Dit keer my en hou my vas sodat ek nie die lewe kan lei wat ek vir myself in gedagte het nie.”
As student het dit 'n geweldige invloed op Jeamé se lewe gehad. Vrydagaande moes sy vir dialise gaan wanneer haar vriendinne kon huis toe gaan of sommer net die week kon afsluit.
Die slegste was om nie te kan doen wat haar hart begeer of wat haar vriendinne op die ingewing van die oomblik sou doen nie.
Haar gesondheid kom altyd eerste en die dialise “keer haar vas” as dit by weggaan vir 'n naweek of vakansies kom, erken Jeamé.
Sy kon ook nie meer intensief oefen nie, omdat haar energie meestal maar skraps is.
“Ek kon ook nie meer net eet of alles doen wat ek graag wou nie.”
Die heel slegste van haar huidige situasie is dat haar liggaam nie meer so sterk is soos altyd nie - iets wat haar in haar daaglikse lewe “regtig vaskeer”.
Mense kyk ook “anders” na haar in die meeste situasies omdat hulle nie van haar situasie bewus is nie.
“Dit is vir my 'n groot emosionele geveg om te weet dat ek nie 'normaal' is nie, en dat hierdie altyd deel van my lewe gaan wees.”
'n Nieroorplanting was nog altyd die plan omdat haar liggaam begin verswak het en ook omdat haar ouers vir haar 'n “nuwe, volle lewe” wou gee.
“Om te weet daar is wél 'n uitweg, is 'n groot verligting, hoewel 'n mens emosioneel reg moet wees vir so iets en veral as 'n familielid by die skenking betrokke is.”
Dis vir haar 'n “absolute voorreg en seën” dat ma Madelein wél vir haar 'n nuwe lewe kan gee.
“Hoewel 'n mens verskillende gevoelens ervaar, sou ek nooit sê ek voel skuldig hieroor nie. Ek weet my ma wil dit vir my doen. Ek is regtig geseënd om te weet ek en sy kan saam hierdeur gaan en dat ons mekaar in alle opsigte kan ondersteun.”
Haar emosies wissel van dag tot dag, maar Jeamé probeer altyd positief bly en dinge te vat soos dit kom.
“Anders is die gevoel te oorweldigend!”
Haar siekte het wel in 'n mate druk op haar familie geplaas, maar sy kan met eerlikheid sê die druk het ook gemaak dat hulle nader aan mekaar beweeg
het.
“Dit is alles te danke aan die feit dat my familie my nog nooit alleen hierdeur laat gaan het nie en regtig altyd uit hul pad gegaan het om dit vir my beter te maak en na my te luister.”
Die Okanti Foundation ondersteun Namibiese gesinne met 'n chroniese siek kind onder meer emosioneel en help finansieel met holistiese terapieë en medikasie;
• Michael Tietz +264 81 127 8544; [email protected])

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie