Om die vuur met Mensah-Williams
Maria Eiseb - Me. Margaret Mensah-Williams, voorsitter van die Nasionale Raad (NR) en raadslid van die Khomasdal-kiesafdeling, het saam met meer as 200 lede van die Sewende Laan- en Agste Laan- informele nedersetting om ’n vuur gekuier.
Sy het tydens die geleentheid gesê dit is die eerste keer dat sy saam met haar mense om ’n vuur kuier en sy wou sien hoe inwoners daarop reageer.
Sy wil hê die gemeenskaplikheid en meelewendheid van ouds moet terugkeer - toe ouers hul kinders nog om die vuur opgevoed het, het sy gesê.
“Ek wil hê ouers moet uit die sjebeens uit kom en hul kinders dissiplineer," het Mensah-Williams gesê.
"Daar moet respek vir mekaar wees. Ons moet liefde aan mekaar betoon."
By dieselfde geleentheid het sy inwoners gevra hoe hulle oor sjebeens in die woonbuurte voel.
’n Ouer het gesê sy voel al die sjebeens moet afgebrand word. Heelwat ander inwoners wil toesien dat sjebeens sluit.
Van die teenwoordige kinders het gesê hulle hou nie van sjebeens in die woonbuurte nie, maar hulle voel magteloos om iets daaraan te doen.
Volgens me. Lena Louw, senior administratiewe beampte by die kiesafdeling se kantoor, is die geleentheid verwelkom.
Die Tafelronde 34 het ook 600 komberse ter waarde van N$28 000 aan die gemeenskap geskenk.
“Die ander kiesafdelings moet by ons leer hoe om die nasie op te bou," het Mensah-Williams gesê.
Sy het belowe dat daar nog meer sulke geleenthede sal wees.
Ter afsluiting van die geleentheid het almal ’n koppie sop geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie