Om te tol, of nie te tol nie
Hernude navorsing vir die Padfondsadministrasie (RFA) oor die moontlikheid van tolpaaie in dele van Namibië het sommige lesers dadelik swaar op die kla-toeters laat lê.
In noustroptye is verbruikers uiters sensitief vir enige praatjies om nog sente na die staat en sy baie vertakkings se kant te rol.
Soos burokratiese prosesse in die land loop, hoef ons nie besorgd te wees dat tolhekke of tolkameras baie gou gaan verrys nie.
Tog moet owerhede bedag wees oor die oproer wat die tolstelsel in Suid-Afrika veroorsaak het en die feit dat e-tol spesifiek nie baie doeltreffend is nie. Ter plaatse sal ons waarskynlik om uiteenlopende redes eers met hekke eerder as elektronika begin?
Doeltreffende tolstelsels kan voordelig wees en ‘n mens verstaan die RFA se posisie dat hy nie sy plig volhoubaar met voortgesette verhogings in byvoorbeeld heffings op brandstofpryse en ander belastings kan aanhou uitvoer nie. Die voordeel is dat jy sal bydrae tot die instandhouding van paaie wat jy self gebruik, eerder as om vir paaie te betaal waarop jy jouself nooit begewe nie.
Die RFA se nadruk op billikheid en regverdigheid word verwelkom. Om dade by sulke woorde te voeg, is dikwels moeiliker.
Meer welgestelde mense met nuwer, meer brandstofdoeltreffende voertuie sal blykbaar meer moet betaal as behoeftiges met ouer skedonke. Sulke tariefstrepe sal baie versigtig getrek moet word om nie diskriminerend te wees nie.
Lang en deurdagte denke sal duskant die tolhek van die moontlikhede nodig wees. En volledige insae deur die publiek.
So sê ander
12 Augustus 2019
Op die Verenigde Koninkryk wag ’n tyd van spanning
’n Eksistensiële krisis wag op die Verenigde Koninkryk.
Met die nuwe premier, Boris Johnson, wat kompromisloos op ’n Brexit – desnoods sonder ooreenkoms met Brussel – afstuur, word daar toenemend gefluister oor iets wat eeue lank ondenkbaar was: ’n uiteenval van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland.
Skotland skud sy vere reg vir onafhanklikheid. In Dublin lek die Ierse politici hul lippe af om Noord-Ierland, soos hulle dit sien, vir hul land te “herwin”, en selfs in Wallis neem die gemor toe.
Johnson se heel eerste uitdaging is die oorlewing van sy regering. Die kans bestaan dat ’n aantal Tory-LP’s wat nie met Johnson se Brexit-rigting saamstem nie ’n mosie van wantroue in sy regering ná die somerreses kan steun.
Of dit nou suksesvol is of nie, alles dui daarop dat Boris Johnson ’n vervroegde algemene verkiesing gaan uitroep.
As rebelle in die Arbeidersparty daarin slaag om hul links-populistiese leier, die Trotskiïs Jeremy Corbyn, deur ’n gematigde politikus te vervang, kan dinge lelik skeefloop vir die Tories.
Afgesien van die vraag of Brexit ’n goeie of slegte saak is, bestaan die kans dat die prys wat die land daarvoor gaan betaal, onverwags hoog gaan wees.
’n Spanningsvolle tyd wag op die Verenigde Koninkryk.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie