Omaheke San se lot kry aandag
Mieliemeel, sojamaalvleis en rooiboontjies word soms voorsien.
Augetto Graig – Die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn het Maandag op vrae gereageer oor die toestand van San-lede in die Omahekestreek en klaring gegee oor ’n onlangse gemeenskapsvergadering op Gobabis.
Die vergadering is gehou “om ondersoek in te stel na klagtes wat by die kantoor van die visepresident ingedien is”. Die klagtes is oorspronklik deur die San-onderhoofman, mnr. Joseph /Gomoseb, ingedien, wat ná die vergadering ontevrede was dat daar nie na die bywoners geluister is nie en dat hul klagte nie aandag kry nie.
Aanvallers het boonop /Gomoseb met ’n ysterpyp aangerand terwyl hy te voet vanaf die vergadering op pad was na sy blyplek. Hy sê hy kon nog steeds nie die saak aanmeld nie, omdat die polisie in Katutura, Windhoek, Okahandja én Gobabis weier. Hy is ook nie medies ondersoek nie, omdat die staatsdokter na wie hy geneem is, bloot “gesond” op sy verslag ingevul het.
Die ministerie is egter onbewus van die aanval, wat glo ook ’n vrou met meswonde onder behandeling op Gobabis gelaat het. Die ministerie sê die streekraad het vervoer aan deelnemers van die vergadering voorsien.
Volgens die terugvoering was kwessies van grond- en hervestigingsbehoeftes, onderwys en taalvoorsiening, projek- en lewensondersteuning bespreek.
“Die vergadering was deel van ons raadplegende optrede, waarin ons die visepresident ingelig het oor die probleme wat randgemeenskappe in die gesig staar, en het aanbevelings vir oplossings gemaak,” lees die verklaring. ’n Verslag sal vir die visepresident se kantoor voorberei word, sê hulle.
Volgens die ministerie was amptenare van die ministeries van onderwys asook van grond en hervestiging teenwoordig, tesame met Omaheke se kommunale grondraad, die kantoor van die goewerneur en die streeksraad, met tradisionele owerheidshoofde verantwoordelik vir die San-gemeenskappe in Omaheke. Spesifiek was leiers van die Ju/’hoansi, Naro, #Au//eisi en !Xoo San daar.
Die ministerie het ook besonderhede oor voedselhulp vir kwesbare San in die streek gedeel. Amptelik kry 4 876 San huisgesinne drie sakke 10 kg mieliemeel, drie maal 750g sojamaalvleis, twee bottels 750 ml kookolie, een 2 kg suiker, ’n 500 g pak sout, een 500 g blikkie rooiboontjies en ’n 600 g kitsmieliepap.
Hierdie kos word op ’n gereelde grondslag versprei, volgens die ministerie, “of wanneer kos beskikbaar is”. Dit ten spyte van klagte dat San huisgesinne maande sonder voedselhulp moet oorleef.
“Weens Namibië se ekonomiese uitdagings die afgelope jare, asook die nadelige impak van die Covid-19-pandemie, moes die ministerie aansienlike begrotingsbesnoeiings maak, wat ’n beduidende impak op sy begroting vir bedryfsuitgawes het,” brei die ministerie uit.
Gevra hoekom die pakkies soveel kleiner is as dit wat aan voedselbank-begunstigdes gegee word, antwoord die ministerie dat die voedingsprogram vir randgemeenskappe veel ouer is as die voedselbank, wat eers in 2016 begin het.
Verder erken die ministerie dat nie alle San-mense nasionale identifikasiedokumente het nie.
“Om hierdie uitdaging die hoof te bied, het die ministerie dit egter ’n prioriteit gemaak en werk nou saam met die ministerie van ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit op ’n geteikende benadering spesifiek vir hierdie gemeenskappe om te registreer en elke geïdentifiseerde San-lid met nasionale dokumente te verskaf, in ooreenstemming met die Harambe-Welvaartsplan Twee,” sê die ministerie.
– [email protected]
FOTO’s
Adjunkminister me. Alexia Manombe-Ncube is die hoof van gestremde sake in die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn. Foto Augetto Graig
Die regering sê hy neem kennis van die lot van San mense in Omaheke. Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie