Omaheke se bul wag vir petrolkoppe

Tydrenne
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Gobabis-motorklub (GMK) bied môre sy derde geakkrediteerde NMSF-tydren op dié dorp aan waar spanne hul eerste punte vir die nasionale tydrenkampioenskap kan opraap.

Die beeskontrei se omgekrapte bul van ’n tydren het verlede jaar met die intrapslagvan die eerste byeenkoms gewys dat hy hard en genadeloos met spanne te werk gaan. Gobabis is bekend vir sy harde trajekte waar bestuurders en hul navigators katvoet vir bome en ander verrassings moet wees.

Verlede jaar was Johan Bergh en Herman Robberts (S1-klas) se Toyota Corolla die eerste slagoffer, gevolg deur Etienne van den Heever en Willy van Wyk se S2 Toyota RunX wat sy enjinpakstuk deurgeblaas het.

Wilro Dippenaar en Riaan van der Westhuizen kon vier sneldele voltooi, maar toe het die S4-klas PZN Panelbeaters 4x4 Toyota Auris S2000 ’n nukkerige ratkas ontwikkel wat dié span in die kuipe laat staan het.

In die tweede GMK-tydren het Richard Slamet se 4x4 Subaru Sti so byna ’n katastrofale ontmoeting met ’n kameelboom gehad. Dié voorval het organiseerders verplig om vanjaar se weergawe veiliger vir toeskouers te maak.

Jaco Redelinghuys (S4/S3) en Bertie Smith, beide van GMK, het in 2019 die eerste been van die kampioenskap onderskeidelik in die motor- en bakkie-afdeling gewen.

Redelinghuys en navigator Dries Booysen se 4x4 Gobabis Toyota Yaris S2000 het skoonskip in sy klas met ’n totale tyd van 1 uur 16 minute 42 sekondes gemaak om ook algeheel eerste in die motorafdeling te eindig.

Bertie Smith en navigator Dewald Venter se BSCS 4x2 V8 Magnum-bakkie (Bertie Smith Contractor Services) het volgens berigte behoorlik op al sy silinders gevuur. Smit het algeheel eerste in die Off Road-afdeling (OR) geëindig om ook klas C met ’n tyd van 1:31:27 in te palm.

Redelinghuys durf vanjaar saam met die gesoute navigator Derek Jacobs die stofpaaie aan. Smit en Venter sal weer die Mazda deur sy passies sit.

2020

Vanjaar se eerste tydren sal ’n rapsie korter as tevore wees, maar al die supersneldele (SS’e) sal soos in die verlede binne bereik van toeskouers wees wat getrou in groot getalle opdaag om die spanne te ondersteun.

In die S3/S4-klas word strawwe mededinging tussen Redelinghuys, die heersende nasionale tydrenkampioen, en Martin, die 2019 Total Tara-kampioen, verwag. Die ander spanne kan nie misgekyk word nie, want Zach Martin met Groen Mamba is besig om sy eie pad oop te veg, terwyl Wilro Dippenaar ’n punt het om te bewys.

Pieter Greeff, Meneer Bestendig en die 2019 S1-kampioen, sal Muhatu opnuut teen Kühn wil laat seëvier. Die OR-afdeling het strawwe kompetisie tussen jaers soos Smit, Gert Liebenberg en die Labuschagne-broers wat almal V8-waens in die veld stoot.

Die 17 voorlopige inskrywings teen gister:

S1: 1 Pieter Greeff/JP Robinson (sealconsultingengineers 4x2 Toyota Corolla), 2 Welmie Kühn/René van Wyk (Kühn Panelbeaters 4x2 Toyota RunX), 3 Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (4x2 Toyota Corolla).

S3/S4: 1 Wilro Jaco Redelinghuys/Derek Jacobs (4x4 Gobabis Toyota Yaris S2000), 2 Allan Martin/Maretha Olivier (J&P Hydraulics 4x4 Skoda Turbo), 3 Wilro Dippenaar/Riaan van der Westhuizen (PZN 4x4 Shell V-Power Toyota Auris S2000), 4 Zachary Martin/Mandie Hugo (J&P Hydraulics 4x4 VW Polo S2000), 5 Ruan Viviers/Willem Hugo (4x4 Subaru Sti), 6 Isai Nhinda/Tinus Malan (4x4 Subaru Sti).

Off Road (OR QA, B, C en D): 1 Stefan Labuschagne/Lappies Labuschagne (Gobabis Truck & Tractor V8 4x4 Landy), 2 Gert Liebenberg/Johan Thiart (Hardap Freight Services V8 4x2-Tata-bakkie), 3 Bertie Smith/Dewald Venter (BSCS V8 4x2 Mazda-bakkie), 4 Jacques Kruger/Roché Louw (4x2 Toyota-bakkie), 5 Dirk Redman/Flippie Liebenberg (Alfons Motors 4x2 Toyota-bakkie), 6 Rolf Pretorius/Katja Pretorius (4x2 Nissan NP300-bakkie), 7 Wido Bartsch/Raymond Fourie (Skyway Ford 4x2 Courier-bakkie), 8 Niekie Swart/NG Swart (Eastern 1 Stop 4x2-Sandmaster).

Die tydren begin seremonieel om 10:00 by Omateko Lodge en die eerste sneldeel by Piet Brand spring om 10:25 weg. Die prysuitdeling en dans is môreaand by Omateko Lodge.

• Waarskuwing: Toeskouers moet daarop let dat voertuie hoë snelhede tydens renne op openbare paaie behaal en dat ongelukke kan plaasvind. Die promotors en organiseerders kan nie jou veiligheid waarborg nie. U teenwoordigheid is op eie risiko.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!