Omake hou pretdag
Omake hou pretdag

Omake hou pretdag

Henriette Lamprecht
‘n Groep dinamiese jongmense het onlangs op Otjiwarongo ter wille van liefdadigheid en hul onderskeie gemeenskappe se maatskaplike welsyn bymekaargekom.

Volgens ‘n verklaring fokus die organisasie op minderbevoorregte inwoners en mense met gestremdhede om dié inwoners selfonderhoudend te maak.

Die Omake-liefdadigheidsorganisasie se uitreikprogramme sluit ‘n Terug Skool Toe-veldtog, skenkings van komberse, doeke en sanitêre doekies in, asook skoonmaakveldtogte.

Omake is op 31 Augustus verlede jaar amptelik deur die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, as liefdadigheidsorganisasie op die dorp ingehuldig.

Die organisasie het twee hektaar grond op die plaas Doornlaagte aan die buitewyke van die dorp ontvang om ‘n groentetuin ter ondersteuning van die sopkombuis te vestig.

Dit sal uiteindelik ook ’n bykomende bron van inkomste vir die organisasie wees.

Omake droom daarvan om ‘n sentrum vir mense met gestremdhede op Otjiwarongo op te rig, wat die Otjozondjupastreek sal bedien.

Begunstigdes van die organisasie sluit verskeie skole in, onder meer die laerskole Karandu, Rogate, Spes Bona en Orwetoveni, die Rooms-Katolieke sending se seuns- en meisieskoshuis, die sending se weerlose bejaardes en die Kai akhoen San-groep.

‘n Pretdag vir wees- en weerlose kinders sal ook gefinansier word.

‘n Reuse- fondsinsamelingsgeleentheid, wat sport en musiek vir die hele gesin insluit, word op 30 Mei en 1 Junie by Paresis Park op die dorp gehou.

Van die kunstenaars wat gaan optree, sluit Adora, Jayden en DJ Castro in.

Vir meer inligting oor die pretdag en Omake skakel 081 287 1910 of 081 124 0840, of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!