Omaruru middelpunt van 'n droom
Atletiek Namibië sal 2019 se wentye vir die eerste keer amptelik erken.
Tielman van Lill - Die sewende Erongo PowerSave Cash & Carry-straatmyl gaan Saterdagoggend vanaf agtuur in Omaruru se hoofstraat aangebied word.
Dié gewilde wedloop se roete oor 1 609 meter is vanjaar vir die eerste maal amptelik deur Gavin Wright, 'n gesertifiseerde meetbeampte van die IAAF in Kaapstad, uitgemeet. Die roete sal ongeveer 20 meter korter as die vorige jare se uitdaging wees.
Met die ou nie-amptelike rekordtyd vir elite mans van 4 minute ses sekondes in gedagte, kan Saterdag se tyd dalk net onder die vier minute draai.
Mynhardt Kauanivi (4:06) en Helalia Johannes is tans die nie-amptelike rekordhouers in die elite afdelings.
'n Droommyl van minder as vier minute kan dus nie buite rekening gelaat word nie en dit op sigself kan die elite atlete vir die nuwe rekord en prysgeld van N$5 000 aanspoor om Saterdag geskiedenis te maak.
Mnr. Bethold Karumendu, sportbeampte van die Omaruru-streek, sê daar word weer meer as 'n duisend inskrywings verwag waarvan meer as vyftig persent van Omaruru en omtrek sal wees.
“Helalia Johannes, ons vrouewenner van 2018, het twee naweke gelede by die IAAF wêreldkampioenskap in Doha, Katar, 'n onvergeetlike bronsmedalje in die marathon losgehardloop.
“Ons gaan met elite inskrywings van Botswana bederf word, wat natuurlik 'n welkome buitelandse uitdaging aan ons plaaslike atlete bied.
“Shield Namibia met sy PowerSave-handelsmerk (N$90 000), Namib Mills (Pasta Polana, N$25 000) en die FNB-tak op Omaruru (N$10 000) se borgskappe maak die byeenkoms moontlik. Die Coca-Cola Namibia Bottling Company sal soos tevore iets vir die atlete se droë kele verskaf, terwyl deelnemers onder Tafel Light se tent kan asem skep.
“Ek bedank ons hoofborg en die ondersteunende borge wat jaar vir jaar in ons glo en die byeenkoms ondersteun. Dit is belangrik om ons padatlete deurentyd fiks te hou en die sport plaaslik te ontwikkel en talent te ontgin.
“Voornemende hardlopers het vanaf Vrydag 08:00 tot voor middernag tyd om te registreer. Die inskrywingsgeld beloop N$40 vir seniors en ander atlete, terwyl laerskool- en junior atlete kosteloos kan inskryf.
“Atlete moet in gedagte hou dat goeie kontantpryse en medaljes gewen kan word. Ons het in 2018 meer as 1 100 atlete gehad en verwag opnuut 'n groei in deelnemergetalle,” het Karumendu verduidelik.
2018 se wenners: Laasjaar het Kefas Kondjashili in 4 minute 13 sekondes die afdeling vir elite senior mans gewen, met Rainhold Tomas tweede (4:18) en Shaliaxwe Jeremiah derde in 4.19.
Helalia Johannes (4:40) het die resies vir elite senior vroue ingepalm, gevolg deur Lavinia Haitope (4:54) en Anna Iipinge (5:01).
Prysgeld: Altesaam N$65 800 kan in tien afdelings opgeraap word. In die eerste sewe plekke wag N$25 000 in die elite senior afdelings (20 tot 39 jaar) vir mans en vroue, terwyl die junior afdeling (14 tot 19 jaar, eerste vyf posisies) altesame N$14 400 kan jaag.
Veterane en meesters (eerste drie posisies) deel onderskeidelik N$12 000 en N$6 400. Laerskoolkinders (10 tot 13) word goed vir die eerste vyf plekke vergoed met N$8 000 wat nuwe beursies soek.
Die eerste groep laerskoolkinders spring om 08:00 weg, waarna die onderskeie afdelings met tussenposes van 30 minute die myl gaan aandurf. Die prysuitdeling behoort omstreeks 13:00 te begin.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie