Omaruru se Keniaan verower die Husab
Padwedlope
Des Erasmus - Wanneer die kat weg is, is Sammy Kipkoech Tum die baas. Die langafstandatleet van Korrektiewe Dienste op Omaruru het die kans aangegryp terwyl van Namibië se beste langasems in Rio de Janeiro by die Olimpiese Spele is en die Husab-marathon in die Namib aangebied is.
Die gebore Keniaan het die wedloop van 42.2 kilometer in bittere koue weer in die middel van die Namib gewen. By die eindpunt het hy gesê die moeilike roete en die koue was vir hom geen probleem nie.
Tum het reeds in Mei vanjaar van hom laat kennis neem op die plaaslike toneel, toe hy in Windhoek die Sam Nujoma-halfmarathon gewen het om met N$10 000 weg te stap.
Op 38-jarige leeftyd is hy inderdaad ’n man met wye internasionale ondervinding en ’n vinnigste marathon-tyd van 2 ure 13 minute 01 sekonde wat hy bykans sewe jaar gelede in Sjanghai, China opgestel het.
Die vrouemarathon is deur Nangula Ekandjo gewen. Sy het gesê die weer was baie lekker, maar die opdraandes was nogal erg. Ekandjo is ’n langasem van gehalte – sy het vanjaar in Gaborone baie naby aan die kwalifikasie van Rio 2016 gedraai en was ongelukkig nie een van die land se uitsoek-drietal nie.
Die Husab-marathon het gesamentlik meer as seshonderd inskrywings vir die marathon, ’n 10 km-padwedloop en ’n pretitem oor 5 km ingesluit.
’n Buitengewone diens aan atlete was ’n warmmaakprogram onder leiding van ’n instrukteur voor die begin van die wedlope. Ná afloop van die marathon het dieselfde instrukteur opgetree om die deelnemers ’n bietjie af te koel en om ’n lastige styfheid te voorkom.
Die voorste uitslae was:
42.2 KILOMETER
Mans ope: 1. Sammy Kipkoech Tum (Omaruru Korrektiewe Dienste) 02:25:31, 2. Simon Shipingana 02:26:30, 3. Paulus Vilho 02:27:57.
Veterane: 1. Alex Kanu 03:18:00, 2. Johan Bronkhorst 03:21:28, 3. Francoise Smit 3:28:19.
Grootmeesters: 1. George Mukuahima 03:28:33.
Meesters: 1. Albert Papama 03:55:44, 2. Joe Absai 04:40:06.
Vroue ope: 1. Nangula Ekandjo 02:51:00, 2. Sofia Nambambi 02:53:00, 3. Sarti Eshitile 03:09:46.
Veterane: 1. Nadine Agnew 3:42:30, 2. Greta Alpers 04:11:23, 3. Nancy Delicia Engelbrecht 04:19:58.
10 KILOMETER
Mans ope: 1. Reinhold Tomas Hilifa 00:31:48, 2. Stephanus Kudinge 00:31:52, 3. Mateus Kathingula 00:32:20.
Veterane: 1. Pinehas Embashu 00:32:54, 2. Gabriel Shiimi 00:33:52, 3. Reinhold Iita 00:34:26.
Meesters: 1. David Clay 00:46:04, Manie Ross 00:46:20, 3. Abisai Shanyenge 00:56:43.
Juniors: 1. Arnoles Tjhuro 00:36:31, 2. Hundsdorfer Nakale 00:37:32, 3. Herman Kathimo 00:38:10.
Vroue ope: 1. Lavinia Haitope 00:35:51, 2. Jacobine Nantanga 00:37:47, 3. Ottilie Aimwata 00:38:51.
Veterane: 1. Heita Esther Shangeelao 00:46:57, 2. Sieglinde Gontes 00:47:35.
Meesters: 1. Aggie van Rooyen 00:39:31, 2. Linda Evans 00:58:31, 3. Renate Introna 01:32:19.
Grootmeesters: 1. Gabi Schneider 01:04:57.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie