Omaruru Straatmyl beloof nog 'n grote
Omaruru Straatmyl beloof nog 'n grote

Omaruru Straatmyl beloof nog 'n grote

Padwedlope
NAMPA
Die sesde weergawe van die Omaruru Straatmyl is gister amptelik in die hoofstad bekend gestel.

Die resies word komende Saterdag in die Erongo-dorp se strate aangebied met na verwagting meer as 'n duisend atlete wat sake oor die afstand van 1.6 kilometer gaan uitspook – wat beide spoed en spoeduithouvermoë gaan verg.

Die byeenkoms se organiseerder, Bethold Karumendu, sê daar is nege kategorieë waarin hardlopers kan inskryf.

Dit sluit die resies net vir besigheidsmense in, asook laerskoolklasse vir seuns en meisies 10-13 jaar; junior mans en vroue (14-19 jaar), veteraan mans en vroue (40-49 jaar), meesters mans en vroue vir diegene ouer as 50 jaar, asook die kompeterende senior klasse vir mans en vroue vanaf 20 tot 39 jaar.

“In die senior mans- en vrouekategorieë word prysgeld aan die eerste sewe atlete oor die eindstreep toegeken. In al die ander wedlope word die eerste vyf atlete beloon,” het Karumendu gesê.

Die byeenkomsrekord is vier jaar gelede opgestel en staan op vier minute 06 sekondes.

Volgens Karumendu word beoog om die prysgeld verder te vermeerder wanneer die wedloop sy tiende bestaansjaar bereik.

Shield Namibia Power Save bly die hoofborg van die byeenkoms met N$90 000, terwyl Pasta Polana met N$25 000 betrokke is.

FNB Namibia se Omaruru-tak het N$10 000 bygedra.

Karumendu sê die verwagting is dat hardlopers van oral in Namibië sal kom om deel te neem.

“Ons wag op finale bevestiging van 'n paar atlete van Orapa, asook van Gaborone in Botswana wat vroeër aangedui het dat hulle wil kom deelneem. Dit sal gaaf wees as hulle wel opdaag om die byeenkoms nog meer kleurvol te maak.”

Kefas Kondjashili is die ­ver­dedigende manskampioen van die laaste twee jaar, wat die afgelope naweek ook eerste in die gesogte Hangana Hake Run marathon klaargemaak het (2 ure 27 minute 13 sekondes).

In die vrouetitel staan die 2017-titel agter Lavinia Haitope se naam.

Karumendu het opnuut vuurwerke tussen van Namibië se voorste middel- en langafstandatlete belowe. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!