Ombudsman daag hof uit oor strydkinders
Adv. John Walters het die regering hof toe gevat oor 'n kabinetsbesluit wat die sogenaamde strydkinders onregverdig bevoordeel.
Jemima Beukes – Die ombudsman en Khorixas se jeugforum het die regering hof toe gesleep oor 'n kabinetsbesluit dat die sogenaamde strydkinders in die staatsdiens aangestel moet word sonder dat hulle deur 'n werwingsproses gaan.
In 'n kennisgewing van mosie wat in Desember by die hoërhof ingedien is, het die ombudsman, adv. John Walters, die hof gevra om te verklaar die kabinet het buite sy mag opgetree en dat die beslissing ongrondwetlik is.
Walters het geëis dat die Staatsdienskommissie, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa, verbied word om die besluit in werking te stel.
In sy beëdigde verklaring het mnr. Reginald Roman, voormalige voorsitter van die Korixas-jeugforum, gesê hy is gegrief oor die kabinet se besluit wat intreevlakposte vir strydkinders opsy sit.
Volgens hom het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme 12 vakante poste vir veiligheidswagte gehad, waarvan vyf vir strydkinders geoormerk was en nie geadverteer is nie. Voorheen benadeeldes kon ook nie aansoek doen nie.
“Die besluit het tot gevolg gehad dat daar teen voorheen benadeelde Namibiërs, soos ek en die jeug in Khorixas, gediskrimineer is en 'n geleentheid geweier is om gelyk mee te ding vir werk in die openbare sektor,” het hy gesê.
BELANGRIKE KWESSIES
Die ombudsman se regsverteenwoordiger, me. Saima Nambinga van Palyeenime Incorporated, het Donderdag gesê die regering het die saak nie teengestaan nie.
Vanweë die omvang van die besluit, het hoërhofregter Thomas Masuku beslis hoewel die saak onbestrede is, is dit 'n belangrike saak om te beredeneer.
“Ons moet nou die saak deeglik bespreek en ons argumente voorberei,” het Nambinga gesê.
Simataa wou Donderdag nie kommentaar lewer nie.
“Ons het respek en vertroue in ons regstelsel. Daarom lewer ons nie kommentaar op kwessies wat reeds voor die hof dien nie,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie