Ombudsman: Drie kandidate opgeweeg

Tydens die geskiedkundige eerste openbare onderhoude vir die aanstelling van 'n nuwe ombudsman is die topdrie kandidate elk kans gegee om hul saak te stel.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die Regsdienskommissie (JSC) se openbare onderhoude met die drie kandidate op die kortlys vir die pos as nuwe ombudsman het Vrydagoggend plaasgevind.

Een van die drie sal met adv. John Walters se aftrede sy amp oorneem. Walters is in 2004 as Namibië se derde permanente ombudsman sedert onafhanklikwording aangestel.

Dit was die eerste openbare onderhoude wat in Namibië geskied.

Die amp was vir die publiek geadverteer. Vanuit die vier mense wat aansoek gedoen het, is drie finale kandidate is op 4 Junie vanjaar bekendgemaak. Op die kortlys is mnre. Tousy Namiseb en Basilius Dyakugha en me. Ruth Herunga.

Herunga is 'n voormalige landdros en tans voorsitter van die Namibiese Vroulike Prokureursvereniging. Haar onderhoud was Vrydag eerste aan die beurt en sy het haar visie vir die kantoor van die Ombudsman gedeel.

Indien sy aangestel word, sal sy dié kantoor meer toeganklik vir die publiek wil maak. Sy glo meer mense kan uit die kantoor se werksaamhede baat.

Namiseb, die huidige sekretaris van die Nasionale Raad, was tevore uitvoerende adjunkdirekteur in die kantoor van die regbank.

“My verskeie plaaslike en internasionale kwalifikasies en jare se werkservaring maak my die regte persoon vir hierdie amp,” was sy opsomming waarom hy dink hy is geskik.

Ten laaste het Dyakugha (huidige hoofregsbeampte by die wetshervorming- en -ontwikkelingskommissie )geantwoord dat hy graag as ombudsman die geleentheid wil gebruik om die land op nog 'n manier te dien.

Die onderhoudvoerders was die prokureur-generaal mnr. Festus Mbandeka, regterpresident en adjunkhoofregter Petrus Damaseb, adv. Vicki Erenstein Ya Toivo, dr. Sacky Akweenda en die voorsitter, hoofregter Peter Shivute.

Hoofstuk 10 van Namibië se grondwet vereis dat die ombudsman 'n regter moet wees, of iemand met die regskwalifikasies om in enige hof in die land op te tree. Die JSC is in beheer van die onderhoude en die evaluering van kandidate. Volgens die grondwet het die JSC die mag om 'n kandidaat vir die president aan te beveel. Die finale aanstelling word egter deur die staatshoof gedoen.



OPENBARE ­ONDERHOUDE

Volgens prof. John Baloro van die Unam regskool is dit baie belangrik dat die publiek by die aanstellingsproses betrek is.

“Die ombudsman is 'n openbare kantoor en openbare diens. Hulle (JSC) het 'n plig teenoor die publiek om te weet hoe iemand hierdie amp verkry het,” het hy aan die NBC gesê.

Hy meen die deursigtigheid sal die publiek se vertroue 'n hupstoot kry.

Sowat 1 200 mense het die regstreekse videostroom op Facebook gekyk en die kommentare was oorwegend in Namiseb se guns.

[email protected]

FOTO’s
Mnr. Tousy Namiseb is die huidige sekretaris van die Nasionale Raad en was voorheen die uitvoerende adjunkdirekteur in die kantoor van die regbank. Foto Facebook
Mnr. Basilius Dyakugha is tans die hoofregsbeampte by die wetshervorming- en -ontwikkelingskommissie. Foto Facebook
Me. Ruth Herunga is ’n voormalige landdros en is tans die voorsitter van die Namibiese Vroulike Prokureursvereniging. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!