Ombudsman se kantoor afgeskeep
Kwessies wat steeds knel, sluit in finansiering, onafhanklikheid, beperkte magte en 'n tekort aan belangstelling.
Augetto Graig – Die ombudsman, adv. John Walters, is ontevrede met die regering se hantering van sy aanbevelings.
“Die minister van staatsondernemings het ondanks my aanbeveling, geweier om 'n ondersoek van stapel te stuur van al die staatsondermings wat nie jaarliks hul finansiële verslae indien nie, of hy het bloot die verslag geïgnoreer,” het hy gesê.
Walters sê hy lê jaarliks 'n aantal verslae aan die parlement ter tafel en soms word skaars aandag aan die verslae gegee of dit word bloot geïgnoreer.
Hy noem spesifiek sy ondersoekverslag van Julie 2020 oor August 26 se versuim om 'n geouditeerde jaarverslag in te dien nie.
“Met verwysing na die Speaker sal dié verslag op 30 September voor die staande komitee oor openbare rekeninge ter tafel gelê word. Ek sal teen dan nie meer as ombudsman terugvoering kan lewer nie,” sê hy.
Hy was nog nooit voor 'n parlementêre komitee geroep om te getuig nie, sê hy.
Hy het dié stellings gister gemaak tydens die bekendstelling van die boek 30 years, making a difference wat handel oor die geskiedenis van die kantoor van die ombudsman.
Mnr. Ephraim Kasutu, Namibië se enigste oudadjunk-ombudsman, adv. Bience Gawanas, die enigste voormalige ombudsvrou, en die uittredende Walters het met trots oor hul nalatenskap by die instansie gepraat.
“Die kantoor van die ombudsman is uiters noodsaaklik,” het Walters gesê.
Kasutu het die kantoor se finansiële afhanklikheid van die ministerie van justisie beaam. Hy het gesê Namibië moet by die Verenigde Nasies (VN) vir waarnemerstatus aansoek doen om finansiële steun van die internasionale ombudinstituut (IOI) te ontvang.
“Die kantoor van die ombudsman behoort nie deur die regering van die dag gefinansier te word nie, eerder deur internasionale instansies en streekbanke,” sê hy.
Kasutu sê selfs toe hy tussen 1993 en 1997 as ombudsman waargeneem het, “was daar die wanindruk dat jy 'n hond sonder tande is. Hoe veg jy teen dieselfde mense wat jou voed, of wat jou aangestel het?”
Gawanas sê: “Sonder genoeg hulpbronne word die doeltreffendheid en die geloofwaardigheid van die ombudsman se kantoor ondermyn.”
Walters het die kwessie van die ombudsman se vermoë om oortreders vas te vat, beklemtoon en gesê die betrokke wetgewing moet verander word.
Volgens hom is 'n nuwe wetsontwerp vir die kantoor opgestel en moet in die nuwe jaar voor die parlement ter tafel gelê word.
Benewens die wetgewing word die ombudsman se kantoor ook belemmer deur 'n tekort aan belangstelling.
Gawanas het Walters geprys vir die vestiging van streekkantore, “omdat dit is waar die mense is”.
Daar is tans streekkantore op Swakopmund, Ongwediva, Katima Mulilo, Otjiwarongo en die nuwe kantoor op Keetmanshoop word vandeesweek geopen.
Gawanas sê ondanks die struikelblokke is die kantoor van die ombudsman in Namibië steeds 'n voorbeeld vir die res van die vasteland en die hele wêreld. Haar boodskap aan ombudsmanne wêreldwyd is om te onthou: “Ons kan nie menseregte en regverdigheid toepas, as ons nie daarin glo en dit in ons eie lewens uitleef nie.”
Walters tree op 30 Junie af en die Regsdienskommissie het dié week die pos vir sy plaasvervanger begin adverteer.
Die kommissie sal 'n kortlys opstel en onderhoude voer voor hulle 'n aanbeveling aan president Hage Geingob sal maak, wat die nuwe ombudsman sal aanstel.
– [email protected]
FOTO
’n Spesiale publikasie is gister in Windhoek bekendgestel ter viering van drie dekades se werk deur die kantoor van die ombudsman. Van links is mnr. Ephraim Kasutu, adv. Bience Gawanas en adv. John Walters. Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie