Ombudsman vra insette oor grondhervorming
Ombudsman vra insette oor grondhervorming

Ombudsman vra insette oor grondhervorming

Die kantoor van die ombudsman se openbare verhore, wat fokus op die grondhervormings- en hervestigingsprogram, skop aanstaande week af.

Die verhore bied aan verontregtes, onsuksesvolle aansoekers en belangstellendes 'n platform waar hulle hul griewe en ervaring met die paneel kan deel of dit skriftelik aan die ombudsman kan voorlê.

Die doel van die verhore is om te bepaal of die streekshervestigingskomitee (RCC) voldoen het aan die kriteria toe die gewenste aansoekers gekies is, en of die kriteria deurgaans deur die keuringsproses toegepas is.

Voorts moet bepaal word of onsuksesvolle aansoekers ingelig is oor die uitkoms van hul aansoeke, hoe die RCC die hoeveelheid lewende hawe van die aansoeker verifieer, hoeveel toegekende plase nie deur die begunstigdes bewoon word nie en waarom, hoeveel plase onderverhuur word, asook hoeveel plase onwettig beset is.

Geskrewe voorleggings kan gestuur word aan [email protected] of na privaatsak 13211, Windhoek, of by die kantoor van die ombudsman op die hoek van Feld- en Lossen­straat, Ausspannplatz, Windhoek, ­afgelewer word.

Die bevindinge van die verhore en ondersoek sal in 'n verslag vervat word wat oorweging sal skenk aan alle voorleggings, aantygings, reaksies, sowel as regsaspekte.

Na oorweging van alle inligting en ­navorsing sal voorstelle in die verslag ingesluit word. Die verslag sal ver­volgens aan die ministerie van ­grondhervorming voorgelê word en daarna aan die publiek bekend gemaak word.

Die openbare verhore vind vanaf aanstaande Dinsdag (3 Julie) soos volg plaas: 3 Julie op Mariental van 10:00 – 16:00 by die Aimablaagte-gemeen­skapsaal; 5 Julie op Gobabis van 10:00 – 16:00 by die Epako-gemeen­skapsaal; 10 Julie op Otjiwarongo van 09:00 – 16:00 by die Evangelies-Lutherse kerksaal in Orwetoveni; 11 Julie op Karibib van 10:00 – 16:00 by die Usab-gemeenskapsaal; 24 Julie op Keetmanshoop van 09:00 – 16:00 by die Tseiblaagte-gemeenskapsaal; 26 – 27 Julie in Windhoek van 09:00 – 17:00 by die UN Plaza in Katutura.

Vir meer inligting, besoek www.ombudsman.org.na of die Facebook-blad Ombudsman Namibia.

Alternatiewelik kan Aurelia David by (061) 207 3212 of Elmi Pretorius by (061) 207 3211 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!