Omeya-gholflandgoed ‘te koop’
Hoewel eergisteraand rustiger as die vorige aand verloop het, bly die atmosfeer op Omeya stokstyf.
Denver Kisting – Die vrede op ’n gholflandgoed suid van die hoofstad is nog nie herstel nie.
Inwoners van Omeya het eergisteraand vir die tweede keer dié week met die ontwikkelaar, mnr. André van der Walt, vergader nadat ’n geskil oor waterheffings einde verlede jaar die rus en vrede versteur het.
In ’n verrassingswending het Van der Walt glo Dinsdagaand gesê ontstoke inwoners is welkom om die landgoed vir nagenoeg N$90 miljoen by hom te koop.
Eergisteraand se vergadering het ten doel gehad om inwoners se stemme te toets oor nuwe reëls en regulasies waarmee Van der Walt glo vorendag gekom het.
Meer as 300 inwoners sien glo nie kans vir die nuwe reëls nie, terwyl minder as 60 inwoners daarvoor te vinde is.
Die meerderheid eienaars het dit teen die insluiting van die eerste 30 kubieke meter se watergebruik by hul maandelikse heffings.
Hoewel geweld nie soos Maandagaand uitgebreek het nie, het “’n paar mense hul vingers in sy gesig gaan swaai”, vertel een van die inwoners gister by navraag.
Dié inwoner sê ondanks die meerderheid stemme teen ’n nuwe bestel reëls het Van der Walt weer eens sy wil laat geskied.
“Hy het sy moer gestrip op ’n tyd en ’n aanbod gemaak om hom uit te koop deur die bank se N$90 miljoen-skuld oor te vat.”
Korrespondensie in die koerant se besit lui eienaars is nie eergisteraand toegang tot die verrigtinge geweier soos die vorige aand nie.
Eweneens was geen veiligheidswagte na wat verneem word tydens Dinsdagaand se vergadering ontplooi nie.
Die partye het egter steeds harde woorde gehad en volgens die skrywe maak die meerderheid inwoners kapsie teen “die drakoniese manier waarop Omeya bestuur word”.
Dit blyk, volgens die briefskrywer, dat Omeya soos ’n middeleeuse saak bedryf word.
Hy verwelkom die nuus dat Omeya skielik in die mark beland het. As hulle die koopsom onder die inwoners verdeel, sal elkeen sowat N$225 000 per eiendom moet opdok, lui sy berekeninge.
’n Vergadering is vir 14 Mei belê om dié moontlikheid onder die loep te neem – veral die maniere waarop die transaksie gefinansier kan word.
Maandagaand het die poppe behoorlik op Omeya gedans “toe een van die huiseienaars die wagte uit die pad gekry het sodat ons almal kon ingaan!”.
Republikein verneem veiligheidswagte het sommige huiseienaars – kwansuis dié wie se rekeninge agterstallig is – probeer verhoed om die vergadering by te woon.
Die geweld was egter van korte duur. “Dit was so vinnig oor. Arme sekuriteit het sommer onmiddellik geloop,” het ’n bron vroeër vandeesweek vertel.
Van der Walt het Maandag by navraag gesê hy is besorg oor sy veiligheid, omdat van die huiseienaars glo in ’n vorige stadium vyandig jeens hom opgetree het.
Derhalwe het hy aanvullende veiligheidswagte laat ontplooi.
Van der Walt het gister wéér nie – soos eergister – die telefoon opgetel toe die koerant hom gebel het nie.
Maandag was hy van mening dit is ’n private aangeleentheid waaroor hy nie kommentaar mag lewer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie