Omgeevroue ondersteun nuwe mau2019s
Omgeevroue ondersteun nuwe mau2019s

Omgeevroue ondersteun nuwe ma’s

Nie alle ma’s behoort aan ’n mediese fonds of kry ’n ooievaarspartytjie nie.
‘n Groep vroue van Windhoek het besluit om hul harte oop te maak vir ma’s by die Windhoek Sentrale Hospitaal wat soms tot drie maande saam met hul vroeggebore babas in die hospitaal moet deurbring.

Die groep staan as Caring Hearts bekend en die vroue het reeds met hul eerste besoek 50 pakkies met babaklere en Bybels aan ma’s oorhandig.

Caring Hearts bestaan uit mee. Rentia du Plessis, Bianca von Dewitz, Zelda Warren en Alieta Wiese.

Hulle beplan om nuwe ma’s op ’n gereelde basis op dié manier te ondersteun.

Volgens Wiese wil hulle graag in die toekoms ook babaprodukte en poeiermelk deel van die geskenkpakkie maak.

“Van die ma’s bring tot drie maande in die hospitaal deur en van die babas het tussen 500 g en 800 g by geboorte geweeg. Ons het die pakkies uitgedeel en ook vir elkeen gebid,” sê sy.

“Party ma’s het ‘n mediese fonds en ’n ooievaarspartytjie voor hul baba gebore word. Ons aanvaar dit as vanselfsprekend, maar dis in baie gevalle nié so nie.”

Wiese sê Caring Hearts wil sulke groepe landswyd op die been bring om staatshospitale op dié manier te ondersteun.

Sy het ‘n beroep op die publiek gedoen om enige tweedehandse baba- of kleuterklere, ou borspompe, speelgoed, komberse, Bybels en boeke wat nie meer gebruik word nie, aan Caring Hearts te skenk.

“As dit in jou pad is, skenk dit. Ons sal seker maak dit kom by die regte persoon uit.”

Babaprodukte, kos, formulemelk en doeke is ook welkom.

Vir meer inligting, kontak Warren by 081 756 1221 of besoek Caring Hearts se Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!