Omgewing bly die belangrikste by voorgenome windpark
Omgewing bly die belangrikste by voorgenome windpark

Omgewing bly die belangrikste by voorgenome windpark

Bruin hiëna-bevolking en seevoëls se migrasieroete in kollig
Gerine Hoff
Die voorgenome Diaz-windkragaanleg buite Lüderitz se impak op die bruin hiëna-bevolking wat in die omgewing voorkom, asook die impak op seevoëls se migrasieroete moet soveel as moontlik beperk word, volgens ’n omgewingsimpakstudie wat deur Enviro Dynamics saamgestel is.
Ten spyte van die uitdagings kan die projek optimaal gebruik maak van dié gebied sonder dat dit ’n groot, onbeheerde uitwerking op die omgewing hoef te hê – mits dit binne die raamwerk van die omgewingstudie bly.
Die studie se bevindings is gepubliseer in ’n verslag wat deur Enviro Dymanics in die jongste uitgawe van Engineering Namibia verskyn.
Die Diaz-windkragprojek is ’n voorgestelde alternatiewe kragopwekkingsaanleg naby Lüderitz, wat windturbines sal gebruik om elektrisiteit op te wek. Die windpark sal volgens beplanning uit 26 windturbines bestaan wat altesaam 65 mW sal verwek. Dit behoort Namibië se algehele koolstofvoetspoor te verklein – wat op die volhoubaarheid van die projek dui.
Diaz Wind Power (Pty) Ltd het in 2011 vir Enviro Dymanics aangestel om die omgewingsimpakstudie te hersien nadat die gebied waar die turbines opgerig moet word, reeds in 1990 geïdentifiseer is. Uitgebreide werk is reeds gedoen om die ekonomiese- en omgewingsvolhoubaarheid van die projek vas te stel, maar tot dusver het nog niks van die planne gekom nie.
Die oorspronklike omgewingstudie moes ook hersien word omdat dit in 2011 reeds tien jaar oud was. Intussen wou die instansie die beplande windpark na die noordweste uitbrei en die projek het ander eienaars gekry. Boonop sal die windpark in ’n omgewing geleë wees wat onlangs deel van die Sperrgebiet Nasionale Park geword het.
Die plantegroei in die omgewing vorm deel van die Karoo sukkulente bioom en is een van die mees diverse biome ter wêreld. Die projek sal ook in ’n plantegroeigebied geleë wees wat uniek is aan die Lüderitz-skiereiland. Omdat dié plante nie verskuif kan word nie, sal enige skade versigtig deur die omgewingsbestuurplan beheer moet word. Dus sluit die bestuursplan ook ’n plantegroei-plan in.
Die verskeidenheid diere en voëls in die gebied is min, maar merkwaardige spesies soos die bruin hiëna kom hier voor. Dié dier is die vlagskip-spesie vir die Sperrgebiet Nasionale Park en is op die rooi data lys van bedreigde spesies.
’n Program vir die monitering van die projek se invloed op die hiënas is by die omgewingsimpakstudie ingesluit en die omgewingsbestuursplan sal gebruik word om die impak te beperk of selfs heeltemal te vermy.
Volgens die studie is konflik met migrerende seevoëls ’n bron van kommer en is daar om dié rede voorgestel dat turbines nie op die noordwestelike deel van die gebied aangebring word nie. Dit word aanbeveel dat ’n moniteringsprogram geïmplementeer word sodat konflik met voëls verminder kan word en inligting vir toekomstige windparke in Namibië ingesamel kan word.
Aangesien die landskap se kenmerke ewe belangrik is, sal die plasing van die infrastruktuur met dit in ag geneem, gedoen moet word. Verder is toerisme belangrik vir die skiereiland en het Enviro Dymanics ook ’n visuele impakstudie gedoen en voorgestel dat stappe gedoen word om die sigbaarheid van die turbines te verminder sodat die windpark slegs vanaf ’n klein gedeelte van die skiereiland sigbaar sal wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!