Omgewing kry nuwe adviesraad
Francoise Steynberg - Die adviesraad vir volhoubare ontwikkeling moet voorkom dat die omgewing beskadig word en moet die volhoubare bestuur van al ons natuurlike hulpbronne bevorder.
Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gesê toe hy dié nuwe raad vir volhoubare ontwikkeling (SDAC) bekend gestel het.
Dié aanstelling is van 1 Oktober 2019 tot 30 September 2022 van krag.
Die raadsvoorsitter is me. Gloria Simubali en lede sluit in dr. Peter Tarr, mnre. Joseph Hailwa, Sylvester Mbangu, Jonas Nghishidi, en mee. Hallo Angala en Aina Maria Iteta.
Die minister sê die adviesraad se hoofdoel is om die doeltreffende implementering van die omgewingsbestuurwet te verseker, asook om volhoubare ontwikkeling te bevorder.
Hy sê die hooffunksies van die raad is om samewerking tussen alle rolspelers oor omgewingskwessies rakende volhoubare ontwikkeling te bevorder en om die minister oor ’n wye reeks omgewingskwessies van raad te bedien wat veral op wetgewing, beleid en maatreëls fokus.
Shifeta het gesê die raad verteenwoordig verskeie sektore, van mynbou en minerale hulpbronne tot grondhervorming en hervestiging, landbou en bosbou, omgewingsbestuur, ekonomiese beplanning, vroue en die jeug.
“In jul werk as ’n raad moet die omgewing op ’n holistiese manier benader word. Natuurlike hulpbronne sluit minerale- en energiehulpbronne in, asook grond- en water- en biologiese hulpbronne – ons wildlewe, visserye en mariene hulpbronne, ons woude en lewende hawe,” het Shifeta gesê.
“Ons moet verseker hierdie hulpbronne word op ’n volhoubare grondslag tot voordeel van ons gemeenskappe bestuur.”
Hy het na die 12 beginsels van die omgewingsbestuurwet verwys wat as grondslag moet dien om skade aan die omgewing te voorkom en die volhoubare bestuur van alle natuurlike hulpbronne te bevorder.
“Herwinbare hulpbronne moet op ’n volhoubare grondslag tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte gebruik word. Gemeenskapsbetrokkenheid in natuurlike hulpbronnebestuur en die deel van voordele moet bevorder word,” het Shifeta beklemtoon.
“Skade aan die omgewing moet voorkom word en optrede wat skade veroorsaak, moet verminder, beperk en beheer word,” het die minister gesê.
“Hierdie beginsels lei ons om die impak op die ontwikkeling van ons brose omgewing te beperk, maar verseker ook dat die omgewing ekonomiese ontwikkeling dryf en ons mense se lewensbestaan bevorder.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie