Omgewingsjoernaal van NCE bekend gestel
Die joernaal sal een keer per jaar in elektroniese formaat gepubliseer word.
Lloyd Zandberg - Dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), het verlede Donderdag die land se eerste omgewingsjoernaal by die Gondwana-saal op die Windhoek-skouterrein bekend gestel.
“Dit is vir my 'n voorreg om die publiek, media en ander belanghebbendes in te lig dat die eerste uitgawe van die Namibian Journal of Environment amptelik aanlyn beskikbaar is. Hierdie droom het al 15 jaar gelede by ons opgeduik en ons kan met trots sê dit is nou 'n werklikheid. Die proses het ongeveer twee jaar geneem om alles bymekaar te sit en ek wil graag al die betrokke partye hartlik bedank vir hul entoesiasme en energie met hierdie inisiatief. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Brown gesê.
Die joernaal is 'n gesamentlike projek van die ministerie van die omgewing en toerisme, die Omgewinginligtingsdiens, die Namibiese Kamer van die Omgewing en die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust).
Die joernaal poog om 'n platform te skep vir wetenskaplikes, beplanners, ontwikkelaars, bestuurders en almal wat betrokke is by die bevordering van Namibië se volhoubare ontwikkeling. Die joernaal sal slegs een keer per jaar in elektroniese formaat gepubliseer word, hoewel artikels deurlopend bygevoeg sal word.
“Ons wil alles in ons vermoë doen om die omgewing te bewaar, en het dus besluit om die joernaal net in 'n elektroniese formaat te publiseer,” het me. Barbara Curtis, redakteur van die joernaal, tydens die bekendstelling gesê.
“Die joernaal bestaan uit twee afdelings wat doelbewus saamgestel is sodat almal 'n gelyke kans op publikasie het.”
Afdeling A is hoofsaaklik vir die gesoute wetenskaplikes en bestaan uit manuskripte wat jarelange navorsing bevat, onder meer navorsingbevindings, sinteses en resensies, toetsing van hipoteses, asook basiese, toegepaste en teoretiese navorsing.
“Afdeling B is die een waaroor ons baie opgewonde is. Dit beloof om baie jong talent te lok en dan die nodige blootstelling te bied, Dit sluit veldwaarnemings, voorlopige resultate, nuwe idees, menings en boekresensies in,” het Curtis gesê.
Die eerste uitgawe van die elektroniese publikasie bestaan uit 13 gespesialiseerde manuskripte en is 122 bladsye lank.
“Teen volgende jaar wil ons die getalle verdubbel. Ons sien baie uit na die potensiaal van hierdie publikasie en al die bydraes wat ons gaan ontvang. In 2018 wil ons 26 manuskripte en 244 bladsye produseer,” het Brown bygevoeg.
Tydens die bekendstelling het Tony Robertson, 'n bekende wetenskaplike, 'n kort, maar boeiende aanbieding oor sy studie Renostervoëls in Namibië: 'n Oorsig van hul status en verspreiding in 2017 gedoen.
Brown het ten slotte die publiek uitgenooi om so spoedig as moontlik bydraes te begin lewer.
Die joernaal kan by www.nje.org.na bekom word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie