Omgewingsministerie verwelkom plastiekheffings
Die ministerie van finansies sê dié wetswysiging moet eers aan die Nasionale Vergadering voorgelê word voor dit van krag kan word.
Francoise Steynberg
Die ministerie van die omgewing en toerisme verwelkom nuwe omgewingsheffings soos onder meer op plastieksakke, wat op 2 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is.
“Hierdie heffings beteken die gebruik van plastieksakke sal verminder en meer fondse sal vir die bestuur van die omgewing beskikbaar wees,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
Die inkomste uit omgewingsheffings gaan na die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF), wat dit in verbeterde afvalbestuur sal herbelê.
Die omgewingsheffings behels nie net 50c per plastieksak nie, maar ook verskillende heffings op onder meer uitlaatgasse van voertuie, buitebande en gloeilampe. Die implementering van die omgewingsheffings val onder die doeane- en aksynswet, wat deur die ministerie van finansies geadministreer word.
Die woordvoerder van die ministerie van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, het gesê hoewel die omgewingsheffings in die Staatskoerant gepubliseer is, moet wysigings aan die doeane- en aksynswet eers in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word waarná dit van krag sal wees.
Wat die heffings op plastieksakke betref, is handelaars dan genoodsaak om 50c per sak aan die EIF te betaal.
“As handelaars egter meer as 50c per plastieksak van kliënte wil vra, het ons geen beheer daaroor nie,” het Shidhudhu gesê.
VERSKEIE PROJEKTE
Volgens hom beperk die wet nie handelaars om meer as die plastieksakheffing te vra nie.
Die ministerie van finansies het gesê Pupkewitz Megabuild en Kaap Agri Namibia se plastieksakheffings met hul Break-Free-From Plastic-veldtog alleen het sedert Desember verlede jaar N$60 000 vir die EIF beteken.
Verskeie winkelgroepe en handelaars se woordvoerders het aan Republikein gesê hulle dra hul inkomste uit plastieksakke aan ander maatskaplik-verantwoordelike projekte oor, wat onder meer gemeenskappe, kinders, skole en ouetehuise, skoonmaakveldtogte, groen projekte soos herwinning, natuurbewaring, die bevordering van toerisme, sport en gesondheid soos byvoorbeeld die Kankervereniging van Namibië, ondersteun.
Party winkelgroepe bevraagteken of die omgewingsheffings landswyd aangewend gaan word, of net in sekere gebiede. Ander het gesê dit hang af van wat presies in die wet gewysig word en daarná sal hulle dit herevalueer sodra dit van krag word.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie