Omgewingstrust brei uit
Die Otto Herrigel-omgewingstrust (OHE) het sy vlerke na die Zambezistreek gesprei.
Die trust het aanvanklik N$40 000 geskenk en nou weer N$80 000 vir die bewaring van bome in dié streek. Die trust beplan ook ’n gemeenskapswoud in die Rundu-omgewing.
Mnr. Alex Limbo, aktivis en jeugleier op Katima Mulilo, het die Zambezi Evergreen Youth Heritage Organisation (Zeyho) begin om die ontbossing in die streek te takel.
Hy wou deur die organisasie ook werk skep en die jeug oor die belangrikheid van bome opvoed.
Die OHE het finansiële ondersteuning aan sy organisasie gebied om programme te verbeter en uit te brei.
Limbo het ’n kwekery begin waar hy sade plant en boompies groei. Hy het ook skadunette opgesit, ’n besproeiingstelsel geïnstalleer en mielies geplant wat binnekort geoes kan word. Hierdie projek sal vir jare vrugte afwerp en ’n rol speel om klimaatsverandering te bekamp. Bome absorbeer nie net die koolstofdioksied (CO2)-vrystellings wat deur mensgemaakte masjinerie en sektore geskep word nie, maar stel ook suurstof vry.
Bome verskaf skaduwee wat help om die grond koeler te hou en dien ook as natuurlike habitat en broodnodige skaduwee vir diere en voëls. Mense wat graag betrokke wil raak, kan die trust by [email protected] kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie