Omicron briek toerisme
Omicron briek toerisme

Omicron briek toerisme

Henriette Lamprecht
Namibië was vanoggend saam met sy buurlande Botswana en Suid-Afrika deel van verskeie lande in Suidelike Afrika vir wie die kraantjie van besoekers oor die feestyd weens die nuwe variant van die koronavirus, Omicron, toegedraai is. Brittanje, Skotland, Israel, Japan, Nederland, Denemarke, Spanje, Duitsland, Italië, Taiwan, Fillipyne, Kanada, die Verenigde Arabiese Emirate en Amerika het reise vanaf buiten Namibië, Suid-Afrika en Botswana ook vanaf Zimbabwe, Lesotho, Eswatini, Mosambiek en Malawi verbied.
Ook mej. Namibië, Chelsi Shikongo, se deelname aan die mej. Heelal-kompetisie in Israel is van die baan, nadat die land ook besluit het om toegang van die sewe Suider-Afrikaanse lande te verbied. Die kompetisie sou op 12 Desember in die kusdorpie Eliat plaasvind.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die nuwe variant amptelik as Omicron gedoop en as variant van kommer verklaar.
Amerika het reise vanaf die sewe Afrikalande vanaf Maandag verbied en slegs Amerikaanse burgers en permanente inwoners sal vanaf dié lande mag reis. Kanada sê hy sal die binnekoms van buitelandse reisigers verbied wat die afgelope dag of wat uit duur suidelike Afrika gereis het.
Buiten vir Amerika en Brittanje en ook 27 lande en lede van die Europese Unie wat die deur vir Namibiese besoekers en ook reisigers vanaf die buiteland gesluit het, wissel die verbod van 'n volslae reisverbod tot kwarantynvereistes met aankoms wat reisigers uit hul eie sakke sal moet betaal en dikwels tot twee weke duur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!