Omicron steeds onder nuwe gevalle
Omicron steeds onder nuwe gevalle

Omicron steeds onder nuwe gevalle

Genoomtoetsing word van weefselmonsters uit al 14 streke van die land gedoen om onder meer te bepaal watter variant was by Covid-19-sterftes teenwoordig.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die hoogs aansteeklike variant van die Covid-19-virus, Omicron, word steeds onder nuwe gevalle van die siekte in Namibië opgetel. Genoomtoetsing vir die variant wat in laat Desember verlede jaar gedoen is, is intussen voltooi en behoort aanstaande week bekend gemaak word.

Die Universiteit van Namibië (Unam) se laboratorium wat die toetsing doen, is ook besig met die ontleding van weefselmonsters van pasiënte wat aan Covid gesterf het, om te bepaal watter variant hulle onder lede gehad het.

Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is Namibië tans op die afdraande kurwe van die vierde golf wat laat-November begin het.

“Die beskikbare data wys ons is nou op die afdraande van die kurwe, met die aantal nuwe gevalle of nuwe infeksies wat beduidend gedaal het,” het Nangombe gesê.

Volgens hom is dit moeilik om te bepaal wat die tydlyn in die land sal wees vir die pandemie om oor te beweeg na ’n endemie. ’n Siekte word as ’n epidemie verklaar wanneer dit oor ’n groot gebied versprei en baie mense ter gelyke tyd siek word. Sou die verspreiding verder verhoog, kan dit ’n pandemie word wat ’n selfs groter geografiese gebied en ’n beduidende deel van die bevolking raak.

“Covid-19 is tans ’n epidemie in Namibië en in ander lande omdat dit miljoene mense op ’n slag raak. Dit is ook ’n pandemie omdat dit die hele wêreld raak,” het hy verduidelik.

Vir die virus om endemies te word, sê Nangombe, beteken dit die pandemie gaan nie eindig met die virus wat verdwyn nie. Die optimistiese siening is dat genoeg mense beskerming deur immuniteit as gevolg van inenting of natuurlike blootstelling en infeksie ontwikkel. Dit sal volgens hom verseker dat daar minder Covid-verwante ernstige siekte, hospitalisasie en sterftes is, selfs al gaan die virus voort om te sirkuleer.

Met verwysing na endemies, sê hy dit word baie bemoeilik deur die huidige baie lae inentingskoers en -dekking in die land wat beteken die meerderheid van die land se inwoners is weerloos vir infeksie en ernstige siekte.

Nangombe sê Namibië het onlangs weer ’n besending van 33 600 dosisse AstraZeneca as deel van ’n besending van die Covax-geriewe ontvang. Vandeesmaand word ook sowat 50 400 dossise van die Johnson & Johnson (Janssen)-entstof verwag. Namibië ontvang ook ’n skenking van 168 000 van dié dosisse van die Amerikaanse regering. Nog ’n miljoen Sinopharm-entstowwe uit China word ook later in die jaar verwag.

Met verwysing na genoomtoetsing sê Nangombe dit word sedert Junie verlede jaar in die land uitgevoer. Met betrekking tot die huidige vierde golf is weefselmonsters uit al 14 streke die afgelope paar weke na Unam se laboratorium gestuur. Die uitslae van die toetse word volgende week verwag. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.14 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.68 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.31 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 631.82/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.60% | Zinc US$ 2 982.50/T UP 3.13% | Brent Crude Oil US$ 75.85/BBP UP +1.97% | Platinum US$ 969.67/OZ UP +1.21% #REF!