Omitara se nuwe baadjie byna gereed
In reaksie op die toenemende vraag na infrastruktuur in die Omitara-nedersetting in die Omahekestreek, het die streekraad verlede jaar kapitaalprojekte ter waarde van N$2,3 miljoen van stapel gestuur.
Die projekte behels onder meer die opgradering van die rioolpompstasie teen ‘n koste van N$1,23 miljoen.
Hierdie projek, wat op 28 September 2021 afgeskop het, is byna voltooi en sal na verwagting teen Maart vanjaar afgehandel wees sodra die kontrakteur die rioolpompe kan aankoop en installeer.
In die verlede het inwoners gereeld met verstopte dreine gesukkel as gevolg van die nedersetting se inwonersgetalle wat gereeld styg.
Die streekraad het al verskeie kere die blokkasies herstel, maar dit het nie die probleem opgelos nie.
As ‘n permanente oplossing is daar dus in die begroting voorsiening gemaak om die rioolpompstelsel op te knap en die vullisvanger te herstel. Laasgenoemde is ‘n stelsel wat bedoel is om rommel en puin wat in die rioolstelsel afgespoel word, te versamel.
Weens die vinnige uitbreiding van die nedersetting was daar ook ‘n aanvraag om die kapasiteit van elektrisiteitsverskaffing uit te brei.
Die streekraad het gevolglik die Central Northern Regional Electricity Distributor (Cenored) betrek om die bestaande transformator op te gradeer en ‘n nuwe laespanningtoevoerlyn met straatligte te bou.
Die projek sal na verwagting N$580 000 kos en word deur die streekraad gefinansier deur ‘n 50/50-kostedelingsooreenkoms.
Die kraguitbreidingsprojek het op 28 Januarie 2022 begin en sal na verwagting teen 28 April 2022 voltooi wees.
Die streekraad het verder begin om ‘n 650 m-grondpad in die nedersetting te bou, asook om kleiner paaie in die nedersetting te skraap.
Hierdie projek word deur die Padfondsadministrasie (RFA) gefinansier en sal na verwagting N$470 000 kos. Dit het op 31 Januarie vanjaar afgeskop en sal na verwagting voor die einde van dié maand voltooi wees.
Omitara is een van die sewe nedersettings in die Omahekestreek met ‘n bevolking van ongeveer 800 mense. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie