Ommeswaai - La Nina ís oppad
Weervooruitsigte verander skielik drasties
Elvira Hattingh - Weervooruitsigte het ''n verrassende wending geneem met weerkenners wat nou sê die kanse is 70% dat die La Niña-weerverskynsel in die lente sal ontwikkel en 55% kans dat dit gedurende die somer sal oorheers.
Volgens die jongste uitkykstatus wat op 13 Oktober deur die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing uitgereik is, het kouer as normale seeoppervlaktemperature aan die begin van Oktober oral oor die oostelike ekwatoriale Stille Oseaan versprei.
Terselfdertyd het passaatwinde sedert middel Septembert oor die sentrale tropiese Stille Oseaan begin waai, ''n aanduiding dat die atmosfeer ook vir die vorming van die La Niña-weerverskynsel gunstig begin saamwerk het.
“Die seeoppervlaktemperature het in láát September en vroeg in Oktober drasties afgekoel. Atmosferiese onreëlmatighede in die ekwatoriale Stille Oseaan het gedurende September na tipiese La Niña-omstandighede geneig, ''n neiging wat sterker geword het soos die maand gevorder het,” lui die verslag.
“Onderskeie weerkenners het eenstemmigheid daaroor bereik dat ''n swak La Niña in die nabye toekoms gaan ontwikkel, alhoewel hulle effe onseker is of dié weerverskynsel die hele somer lank sal heers en tot ''n volle La Niña-episode sal ontwikkel,” lui die verslag.
La Niña lei gewoonlik tot natter as normale weersomstandighede van Desember tot Februarie in Suider-Afrika.
Dié nuus volg nadat die vorige uitkykstatus van 8 September aanvanklik aangedui het omstandighede is meer gunstig daarvoor dat neutrale ENSO-toestande sal ontwikkel. ENSO staan vir die El Nino-Suidelike ossilasie klimaatspatroon.
SÓ ONTWIKKEL LA NIÑA
“Verlede maand het die tropiese Stille Oseaan nie veel bewys daarvan gelewer dat die atmosfeer ook op die effens kouer as normale seeoppervlaktemperature reageer nie. Die meeste rekenaarmodelle het voorspel dat dié temperature na normaal sal terugkeer,” skryf die weervoorspeller Emily Becker.
“Vóór La Niña kan ontwikkel, moet sekere veranderinge in beide die Stille Oseaan en die atmosfeer plaasvind.
“Dit behels dat die seeoppervlak van die sentrale en oostelike tropiese Stille Oseaan koeler as normaal moet wees, wat tot onder normale reëns en dalende lug in dié gebied lei. Terselfdertyd moet seewater naby Indonesië warmer raak, wat lug laat styg en meer reën vir dié gebied bring.
“Derdens moet sterker oppervlakwinde van oos na wes en hoëvlak winde van wes na oos waai, wat die atmosferiese sirkulasie oor die Stille Oseaan, ook genoem die Walker-sirkulasie, versterk. Dié atmosferiese sirkulasie versterk die afkoeling van die seeoppervlak.”
Volgens haar het hiérdie omstandighede in middel September begin ontwikkel toe sterker passaatwinde begin waai het, meer wolke en reën oor Indonesië begin vorm het en die sentrale Stille Oseaan droër was. Die Walker-sirkulasie het versterk.
“Dienooreenkomstig het die seeoppervlaktemperatuur in die Niño 3.4-gebied in September begin daal en selfs nog koeler teen die einde van verlede maand geraak,” sê sy.
Dié uitkykstatusse word maandeliks uitgereik wanneer toestande vir die ontwikkeling van ''n La Niña- of El Niño-weerverskynsel binne die volgende ses maande gunstig is.
DIE AANLOOP
In Junie vanjaar het dieselfde weerkenners egter gemeen die kanse is 75% dat ''n swak tot matige La Niña teen die einde van 2016 kan ontwikkel. In Augustus is hierdie persentasie aangepas na ''n 55% tot 60% kans dat dit tussen September en Februarie sou ontwikkel.
Kenners sê sedert die middel van Mei het die oppervlaktemperatuur van die Stille Oseaan gedaal en ''n neutrale vlak bereik, wat die einde van die El Niño-weerverskyning beteken het. In Julie en teen middel-Augustus het dit tot bykans -0,5°C gedaal.
In September het weervoorspellers gemeen die kanse dat neutrale weersomstandighede tussen September en Maart sal heers, tussen 56% en 58% is, terwyl daar net ''n 30% tot 41% kans was dat La Niña in dié tyd kan ontwikkel. Hulle het toe gemeen die kanse op die ontwikkeling van nog ''n El Niño-weerverskynsel tot in Maart vanjaar, is baie swak.
Dié voorspelling is egter omgekeer nadat seeoppervlaktemperature van -0,9°C teen die einde van September en begin Oktober in die Stille Oseaan gemeet is.
Vroeër is gesê die kans op ''n sterk La Niña verhoog ná ''n sterk El Niño, soos die een wat tydens die 2015-''16-reënseisoen voorgekom het. Dit volg nadat die El Niño-weerverskynsel van 2015-''16 in Desember verklaar is as die sterkste van sy soort wat ooit aangeteken is en tot die grootste droogte in Suider-Afrika op rekord gelei het. Dit het selfs die 1997-''98 verskynsel oortref.
Die volgende ENSO-bespreking sal op 10 November plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie